’n Legende se arendsblik op die wêreld

Yandi Du Plessis
“Rara Avis” is ’n Latynse term vir “skaars voël”. Dit verwys ook na ’n ongewone of uitsonderlike mens of voorwerp. Paul van Schalkwyk was beide.

Wyle Paul van Schalkwyk se oeuvre, wat sy vrou Rieth ter nagedagtenis aan hom laat publiseer het, word as ’n fenomeen beskryf. As ’n veelsydige kunstenaar wat baie geliefd in Namibië was, het hy meer as 1 000 ure in die lug deurgebring – op soek na unieke ruimtes vanwaar hy sy perspektief kon deel.

“Dit maak dat jy jou skoene wil uittrek. Of huil. Of iets. Dit is groot en dit is belangrik.” Só word die impak van sy werk beskryf.

Die versameling van Paul se foto’s fokus op bekende Namibiese bestemmings soos die Namibwoestyn, Etosha Nasionale Park, die Messum Krater en die Skedelkus – alles vanuit die lug, wat die manier waarop hierdie gewilde fokuspunte oor die algemeen beskou en waargeneem word, ’n heel nuwe betekenis gee.

Dié beelde weerspieël werklik die gevoel wat die fel kontraste, die ongelooflike kleure en die ryk teksture van die landskappe in jou aanwakker. Jy voel soos ’n voël wat deur die lug sweef.

Paul se lewe is skielik kortgeknip toe sy vliegtuig in 2014 in Etosha neergestort het. Hy was welbekend as ’n legendariese fotograaf en filmmaker in Namibië.

Plaaslik én internasionaal het hy meer as 50 toekennings ontvang vir sy werk as fotograaf, kinematograaf, regisseur en skrywer. Sy natuurrolprente is op National Geographic, Discovery Channel, Animal Planet en ander televisiekanale oraloor die wêreld uitgesaai en sy foto’s is in verskeie plaaslike en internasionale tydskrifte gepubliseer. Sy passie was egter om te vlieg en foto's vanuit die lug te neem.

Deur die wêreld vanuit sy perspektief te sien, voel jy instinktief die ironie, die kontras, die skoonheid, die melancholie, die gewig en die wonder daarvan aan.

Wanneer hy in sy vliegtuig opgestyg het om die wêreld van bo af vas te vang, was dit altyd met botsende begeertes om beide te dokumenteer en vas te vang, sowel as om die ongerepte landskappe wat hy vereer het, ononderbroke te laat.

“Fotografie as ’n kunsvorm gaan nie daaroor om foto’s te neem nie,” het Paul dikwels gesê.

“Dit is nie ’n monoloog nie. Om ware skoonheid vas te vang, moet jy jouself genoeg tyd gee om jou onderwerp te leer ken en vir jou onderwerp om jóú te ken. Dit is altyd ’n dialoog. Jy moet deel word van die proses en die proses moet deel word van jou. Dit is soos meditasie – jy moet transendeer vóór jy kan sien.”

Terwyl hy jare terug besig was om ’n dokumentêr oor die San te verfilm – met die fokus op die “kodes” versteek in diere se spore en roetes – het hy besef daar is geskiedenis en betekenis agter elke voetspoor. Dít het hom gefassineer, en hy het begin om dierespore vanuit die lug af te neem – peinsend oor die betekenis daarvan terwyl hy dié mistieke verskynsel op grafiese, abstrakte maniere wou vasvang wat sy beelde ooplos vir interpretasie.

Een van die hoofinvloede op dié “spoorboodskappe” is klimaatsverandering. Die aarde en die natuurlike landskap se reaksie op dié verskynsel is ’n belangrike tema in Paul se werk.

Hy was intens bewus van globale klimaatsverandering en die feit dat dit ons almal sal beïnvloed – selfs al weet ons nog nie werklik hóé nie. Dit het vir hom baie beteken dat hy deel van dié proses kon dokumenteer.

Toe Namibië vir ’n dekade lank ’n ongewone goeie reënseisoen ervaar het, het ’n beduidende gedeelte van Paul se werk die transformasie van die woestyn- en semiwoestynlandskappe uitgebeeld. Hiermee wou hy ’n beroep doen op diegene wat dit sou sien om na te dink oor die verlede en die toekoms – oor hulle persepsies van “natuurlik” en die lewe soos ons dit ken.

Hy sou dikwels uiterste toestande, wat ander vlieëniers sou vermy, trotseer om natuurlike verskynsels te sien en af te neem. Dít omdat hy geglo het dit is waar die “waarheid” gebeur – waar hy kuns met sy oë kon skep en beelde kon vind wat hom sou inspireer.

Sy meedoënlose strewe na die beste foto’s is epies en het hom uiteindelik sy lewe gekos, maar dit wás ook sy lewe.

Paul van Schalkwyk – A Photographic Collection kan by Venture Publications in Windhoek bestel word by +264 61 383 450 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.87/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 803.30/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP UP +0.70% | Platinum US$ 911.67/OZ DOWN -0.0101 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.87/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 803.30/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP UP +0.70% | Platinum US$ 911.67/OZ DOWN -0.0101