'n Land waarin jakkalse gedy
'n Land waarin jakkalse gedy

'n Land waarin jakkalse gedy

Mandy Rittmann
BEKOMMERDE NAMIBIëR SKRYF:

Waarheen is ons samelewing op pad?

Woensdag lees ek in Republikein die skokkende bekentenisse van die "Mariental Ripper". Geen spyt, gewete, skuldgevoel of kommer oor die moontlike nagevolge nie! Vol self vertroue en half arrogant word in eksplisiete detail erken hoe brutaal barbaars hy was in die uitvoer van sy siek aanslae wat sy slagoffers se lewens verwoes het. Al drie is vermoor.

Al drie het gesterf al loop twee nog rond. Die wat dit oorleef het is in hul harte en siele ook dood en sal nooit weer die mense wees wat hul was nie, en hy word die kans gegun om aan te hou lewe en voort te spog oor sy dade. Homself te verlustig in die verwoesting wat hy gesaai het.

Die dubbele dood vir die wat oorleef het, is dat hul aangaan met die lewe, en steeds hul tiende aan die keiser moet betaal, en die keiser gebruik hul tiende om die persoon wat hul menswees se dood veroorsaak het in die tronk te versorg.

Kan dit so aangaan? Kan ons nie sulke slagoffers vryskeld van belastings net om van die staat se kant te wys ons het meegevoel en ons sal nie van jou verwag om die persoon wat jou lewe verwoes het se onderhoud te help betaal nie? Net 'n "token" om te sê ons is jammer dat ons toegelaat het dat dit op ons skof met jou gebeur het?

Ons betaal tog belastings om onder andere die polisie en politici se salarisse te betaal; om voertuie, plase en huise vir hulle te koop; die howe aan die gang te hou en wat nog alles in 'n poging om ons mense teen sulke elemente en gebeure te beskerm.

As die keiser dan faal in die uitvoering van die opdrag of taak waarvoor ons en die slagoffers al die tyd betaal het, is dit tog seker net reg dat die keiser die slagoffers se regskostes dra en hulle onthef van verdere ­betaling vir 'n diens wat nie gelewer is nie en hul lewens verwoes het?

As ek in besigheid betaal vir 'n diens en dit word nie gelewer nie eis ek 'n terugbetaling? Die keiser sal net luister as dit aan sy sak gevoel word!

As jy nie 'n eerbare lewe kan ly en jou brood in die sweet van jou aangesig verdien nie en as gevolg van jou eie hulpeloosheid huisloos en kosloos gaan slaap, dan verkrag of moor jy doelbewus en verkry sodoende lewenslange staatsver­sorging. Ons moedig mense aan om eerder te moor en verkrag en 'n makliker weg na kos en slaapplek te vind as om te werk daarvoor.

Wanneer het jy laas 'n klomp gevangenes onder bewaking sien werk om te boet vir hul sondes? Nee, hulle lê rond en beplan nuwe misdade uit die tronk net om seker te maak daar is 'n plan om weer terug te kan kom tronk toe as die staat dit goed sou dink om hom vry te laat.

Laat hulle werk. Slote grawe, paaie bou, smerige dorpsashope opruim, herwinbare goedere insamel en ons padkorridors skoonmaak om die kos wat hulle vanaand eet se geld vir die gevangenisdiens te verdien. Die gevangenisdiens sit met 'n vrag bruikbare arbeid wat aangewend moet en kan word om baie van die staats- en munisipale take wat tans ongedaan staan te verrig en sodoende die diens selfonderhoudend te maak.

Dwing hulle om te werk, dan sal hulle dalk twee keer dink voor hulle weer oortree.

Die slagoffers en die res van ons wetsgehoorsames en hardwerkendes staan elke dag op met 'n beklemming om die hart, want ons lewens en vryhede word deur mense soos die beperk en bedreig. Ons is rusteloos, want ons kinders is blootgestel. So ook ons vrouens en ons besittings en misdadigers gaan roekeloos voort met groter wordende arrogansie en venyn, want hulle word deur die staat en die Grondwet beskerm.

Hul vergoeding is om met ons belastinggeld versorg te word. Hul ontvang mediese sorg en kan die kop op die kussing neerlê met 'n vol maag. Tot slagoffers hul laaste asem uitblaas, betaal hulle hiervoor.

As 'n jakkals jou skaap vang, skiet jy hom, maar ons laat die jakkalse onder ons gedy.

Ons praat in bulderende stemme op allerhande platforms oor geweld teen kinders en vrouens en maak ydele dreigemente oor hoe ons die wat hulself skuldig maak, sal vervolg. Die boewe daar buite lag uit hul mae uit.

Daar is nie meer tande in die reg nie, daar is nie meer 'n vrees vir oortree nie en die wetstoepassers staan voor in die beskuldigdery as die neste van misdaad oopgeskop word en die boewe word na buite gelei.

Ons verdraagsaamheid vir onreg sal ons inhaal en ons sal die gevolge dra. En dan het ons bo alles nog debatte oor godsdiens in skole? Die verval kom van binne en ons binnekamers is vuil.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!