u2018n Komeet vir Kersfees
u2018n Komeet vir Kersfees

‘n Komeet vir Kersfees

In die komende weke sal 'n komeet van die Jupiter-familie baie na aan die aarde verby beweeg.
Elvira Hattingh
font face="Verdana" >

Elvira Hattingh - ‘n Komeet bekend as 46P/Wirtanen sal gedurende die volgende weke die beste in vier eeue vertoon wanneer dit op 16 Desember sy naaste punt aan die aarde bereik.

Dan sal dit net sowat 11,6 miljoen km ver wees, wat beteken dit val onder een van die 10 komete wat sedert 1950 die naaste aan die aarde gekom het.

Kenners meen dit sal nooit weer só naby verby beweeg nie.

Op 16 Desember sal die afstand tussen 46P/Wirtanen en die aarde gelyk wees aan sowat 30 keer die afstand tussen die maan en die aarde.

Volgens inligting wat die Namibië Wetenskaplike Vereniging uitgereik het, behoort die komeet op 15 en 16 Desember op sy helderste te vertoon en met die blote oog raakgesien te kan word. Om die komeet te kan sien, moet dit verkieslik ‘n donker, maanlose nag wees.

Vir amateur- sterrekykentoesiaste wat nog nie so vertroud met die naghemel is nie, sal dit die beste geleentheid wees om die komeet te vind omdat dit dan verby twee helder sterswerme beweeg, naamlik Hiades en Pleiades in die Taurus-sterrebeeld.

Op 15 Desember sal die maan omstreeks middernag ondergaan en op die 16de weer 45 minute ná middernag. Die twee sterswerme Pleiades en Hiades sal hul hoogste punt bó die horison omstreeks 23:00 bereik. Die toestande is dus op die twee nagte die gunstigste om Wirtanen te sien.

NIÉ SKOUSPELAGTIG

Space.com se mnr. Joe Rao waarsku hoewel dit betowerend mag klink, sal die komeet na verwagting nie vir ‘n skouspelagtige gesig sorg nie.

Dít omdat dit baie klein is – sowat ‘n tiende so groot soos Halley se komeet en ‘n dertiende van die komeet Hale-Bopp.

“Groot, helder komete vorm gewoonlik lang sterte, wat uit stofdeeltjies bestaan wat lig weerkaats. Sterte van kleiner komete soos 46P bestaan dikwels meer uit gasse en is dus gewoonlik lank, dun en dof.

“Dit is meer waarskynlik dat die komeet soos 'n vae ligbol vertoon – wat moeilik sigbaar sal wees in stedelike gebiede waar daar baie ligte is,” skryf Rao.

JUPITER-FAMILIE

Volgens inligting van die Namibië Wetenskaplike Vereniging, wentel 46P/Wirtanen om die son in ‘n elliptiese baan, waarvan die naaste punt aan die son ook naby die aarde se wentelbaan kom.

Die verste punt van die komeet se wentelbaan reik tot naby dié van Jupiter.

Die komeet neem sowat 5,44 jaar op aarde om een maal om die son te wentel.

Dit is een van drie komete wat in 1948 deur die sterrekundige Carl Wirtanen in die Lick-sterrewag ontdek is. Dit vorm deel van die komete van die Jupiter-familie, wat hul wentelbane in ‘n relatiewe kort tydperk (20 jaar of minder) voltooi, en waarvan die verste punt van die son naby aan Jupiter se wentelbaan kom.

Tans weet wetenskaplikes van meer as 400 Jupiter-familie-komete.

Soms gebeur dit dat die komete se wentelbane deur Jupiter versteur word vanweë dié planeet se sterk aantrekkingskrag.

46P/Wirtanen se wentelbaan is reeds twee maal deur Jupiter versteur – in April 1972 en weer in Februarie 1984. Dit het veroorsaak dat die komeet se wentelbaan sowat 80 miljoen km nader aan die son gekom het en ook baie nader aan die aarde se wentelbaan. - Bykomende bronne: space.com; wirtanen.astro.umd.edu

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!