'n Kolwyntjie vir Nadine

18 September 2019 | Plaaslik
Tanja Bause



'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard aan die oefen vir vanjaar se kompetisie.

Nadine Burch was verlede jaar een van die jongste deelnemers aan dié kompetisie wat as die OlimpieseSpele van dans beskou word. Boonop het sy vyf goue medaljes ingepalm.

Volgens haar ma, Juanita, dans Nadine al vier jaar lank en het sy die afgelope drie jaar aan die kompetisie deelgeneem.

“Jy begin op Brons 1-vlak. Jou ouderdom maak nie saak nie, dit gaan alles oor jou ondervindingsvlak. Dit beteken Nadine het as elfjarige teen volwassenes wat ook op Brons 4-vlak is, gedans sy het steeds vyf goue medaljes gewen,” sê Juanita.

Sy het ook nasionale kleure vir dié sport ontvang.

“Nadine gaan weer van 23 tot 28 Oktober in Suid-Afrika teen dansers van 35 ander lande meeding en haar land verteenwoordig.”

Nadine is 'n Dance Domain-student waar sy Latyns-Amerikaanse en baldanse doen.

Dit is ook die twee afdelings waarin dié elfjarige verlede jaar medaljes gewen het.

“Vanjaar neem sy vir die eerste keer ook in die lyndans-kategorie deel. Dit is die eerste keer dat dié dans aangebied word.”

Nadine se dansmaat vir die afgelope vier jaar is haar oom, mnr. Christie Mostert van Dance Domain.

Haar deelname aan die kompetisie kos sowat N$30 000 en Nadine en haar familie het reeds die meeste van die fondse ingesamel, maar kort nog sowat N$5 000.

“Ek het besluit om in te spring en kolwyntjies te bak wat tot 23 September by my bestel kan word. Gewone Red Velvet-kolwyntjies kos N$15 elk en kolwyntjies met fondant kos N$20 elk. Ons bak ook karamelbeskuit wat N$40 vir 500 g kos,” sê Juanita.

Bestellings kan by 081 292 9215 geplaas word.– [email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...