'n Kleurryke reis deur die Noorde
'n Kleurryke reis deur die Noorde
09 December 2020 | Kuns en vermaak
'n Omvattende gids tot die noorde van Namibië, Discover the Colourful World of Owambo, is op 1 Desember tydens 'n intieme geleentheid by Etosha King Nehale bekend gestel.
Tydens die geleentheid het die skrywer, Willie Olivier alias “Othondoro”, gepraat oor sy reise deur die Noorde wat die boek geïnspireer het en sy innige dank uitgespreek teenoor diegene wat dit moontlik gemaak het.
Die Ondonga-koning, Omukwaniilwa Tatekulu Fillemon Shuumbwa Nangolo, het op sy beurt benadruk hoeveel waarde die boek vir die Aawambo-mense inhou, en het Gondwana Collection Namibia vir hul insette bedank.
Gondwana het die boek gepubliseer.
INHOUD
Discover the Colourful World of Owambo is 'n omvattende gids tot die noorde van Namibië, propvol waardevolle inligtig vir reisigers en toeriste.
Die gids bied verskeie roetes om te verken, sowel as insig oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe.
Dié onderwerpe wissel van beskrywings van die agt Aawambo-gemeenskappe, jaarlikse feeste, tradisionele drag en kos, insluitend mopaniewurms en brulpaddas, tot “bome van lewe” soos die makalani-palmboom.
Die roetes bevat geskiedkundige brokkies oor die dorpe, streke, die tradisionele leiers en hul voor-onafhanklikwordingsbestaan.
Dit bevat ook die kleurryke verhale van gewilde terreine soos Nakambale, die ou Finse sendingstasie, die Ombalantu Baobab by Outapi, die Ruacanawaterval, die Otjikotomeer en die Etosha Nasionale Park.
Owambo was nie noodwendig tot dusver 'n gewilde toeriste-aantreklikheid van Namibië nie. Olivier wil dít verander deur sy uitgebreide kennis van dié gebied, wat hy oor drie dekades as 'n joernalis in die Noorde versamel het, in te span en Owambo op 'n duidelike en omvattende manier voor te stel.
Die boek is goeie leesstof vir enigiemand wat geïnteresseerd is in die Oshiwambo-kultuur en die geskiedenis van die streek.
Discover the Colourful World of Owambo is by Namibia2Go in Bassingthwaightestraat in Windhoek, by sekere boekwinkels en by uitgesoekte Gondwana-lodges beskikbaar.
Bestellings kan by [email protected] geplaas word.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
46 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies