’n Klassieke kunstenaar en ’n spesiale kuns

Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

“My grootste passie is musiek. Ek is mal daaroor om musiek te luister, op te voer en te komponeer in verskillende genres en style, en vir verskillende ensembles.”

Vandat hy vyf jaar oud is, het Galilei Njembo ’n passie vir musiek, spesifiek klassieke musiek. Dié liefde het gegroei toe hy by die College of the Arts (Cota) begin klavierlesse neem het. Na ’n lang afwesigheid van die musiektoneel het hy meer as ’n dekade later, in 2016, besluit om stemlesse te neem, aanvanklik met die idee om sy stem as ’n kontemporêre kunstenaar te ontwikkel. Hy het egter per ongeluk vir die klassieke afdeling ingeskryf en kort voor lank het hy sy hart verloor op die genre en die unieke kunsplatform.

Die 20-jarige Galilei het sy matriekjaar by St. Paul’s College in 2018 voltooi. Hy ontvang nou al vier jaar lank opleiding by Cota en gedurende hierdie tyd het hy gereeld as solis by die barok- en konsertfeeste opgetree, waar hy selfs die voorreg gehad het om die verhoog met die Namibiese Nasionale Simfonieorkes te deel.

Hy was ook 'n lid en solis van die Cota-jeugkoor onder leiding van Fanie Dorfling. As deel van sy musiekstudie aan die kollege, het hy aan die Trinity College in Londen se musiekeksamens deelgeneem, voor internasionaal erkende beoordelaars van die uitvoerende kunste. Hy het sy eksamen met vlieënde vaandels geslaag en is bekroon as die top-Namibiese student by Trinity College London na hy in 2018 'n onderskeiding in sy graad 8-sangeksamen behaal het. Die volgende jaar het hy sy Associates Trinity College London (ATCL)-sangdiploma suksesvol voltooi.

“Ek glo my musikale reis was baie uitdagend, maar ook suksesvol. Ek word egter voortdurend gekonfronteer met uitdagings in die musiekbedryf van diegene wat nie die waarde en skoonheid van hierdie spesiale genre waardeer nie,” sê hy.

“As gevolg hiervan, glo ek my ondersteuning in die bedryf was redelik beperk, en het dit meer hindernisse tussen my en my ambisies geskep. Die pad was inspannend, maar nie onmoontlik nie,” voeg hy by.

Galilei kan egter getuig harde werk werp vrugte af, want dié tenoor-bariton is onlangs aan die McGill-universiteit in Montreal, Kanada, aanvaar. Hierdie instelling is glo bekend as “die Harvard van Kanada” en is een van die toonaangewende universiteite wêreldwyd op verskillende terreine, waaronder uitvoerende kunste.

“Die aansoekproses was duur en ingewikkeld. Anders as universiteitsaansoeke wat ek in Suid-Afrika voltooi het, word meer uitdagende vrae gevra wat in 'n opstelformaat beantwoord moet word. Daarby moes ek ook video's vir die oudisieproses instuur. Na 'n moeilike aansoekproses, is ek aanvaar vir 'n BA-graad in musiek vir vokale uitvoering, met spesiale fokus op opera. Ek was bly en verstom toe ek vroeër vanjaar die nuus kry. Ek het egter ook geweet die reis na die verwesenliking van hierdie droom sou toe eers regtig begin.”

Die klassieke konserte waarvan hy vroeër deel was, het ’n spesifieke gehoor in Windhoek geteiken en baie ander het nie geweet dat hierdie musiek in Namibië bestaan.

“Ek het verlede jaar besluit om my eie platform te skep waar ek nie net my vokale vaardighede kan vertoon nie, maar die genre aan minderheidsgroepe en almal bekend stel wat miskien nie bewus is van die opwinding en vermaak wat die klassieke genre bied nie,” vertel hy.

Een van dié inisiatiewe is ’n reeks klassieke konserte wat hy in samewerking met die Duitse ambassade aanbied, ter viering van die 250ste herdenking van Beethoven se geboorte.

Galilei het egter hulp nodig om sy musiekdroom te bewaarheid, aangesien die universiteit se klasgelde duur is.

“Ek voel waarlik geëerd elke keer as ek op die verhoog sing, sodat ander die musiek saam met my kan hoor en voel. Terwyl ek aanhou streef om een van die eerste Namibiese ambassadeurs van klassieke musiek in die uiters mededingende internasionale bedryf te word, hoop ek vir die volle steun van die Namibiese gemeenskap.”

Besoek sy aanlyn fondsinsamelingsveldtog by gofundme.com/f/-let-galilei-sing of kontak hom by 081 889 576.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%