u2019n Kindertyd in klein dorpies
u2019n Kindertyd in klein dorpies

’n Kindertyd in klein dorpies

Nataniël, een van die land se kreatiefste en veelsydigste kunstenaars, het nou ook memoires by sy oeuvre gevoeg.

Kyk na my: Herinneringe aan ’n kindertyd bied ’n blik op sy vroegste kinderjare en sy grootword op die platteland in ’n omgewing waarin hy net nooit heeltemal inpas nie. Hy is “ontevrede en ontuis” (bl. 46), “vol geite” (bl. 69), ’n vet kind met ’n weersin in sport en groepsaktiwiteite en daar hang van kleins af ’n donker, neerdrukkende wolk oor hom.

Hoe het hierdie vreemde kind, stroomop in soveel opsigte en eintlik maar ’n ou gees vasgevang in ’n vreemde jong lyf, dit reggekry om homself uiteindelik as huishoudelike naam te vestig?

Daar is glimpse van die grootmens wat hy later jare sou word en leidrade oor hoekom hy tot vandag toe dinge op ’n sekere manier aanpak.

Wanneer ander seuntjies byvoorbeeld opgewonde raak oor splinternuwe karretjies, verheug hy hom in die verpakking. Dis daardie bewuswording van die weelde van papier en die instinktiewe aanvoeling vir wat mooi en lelik is wat tot vandag toe kenmerkend is in sy werk.

Op tipiese Nataniël-trant is daar verbeeldingsvlugte, kritiek en ’n sterk doepa selfspot. En daardie X-faktor: die vermoë om na dieselfde voorwerp te kyk as waarna almal staar, maar iets ánders te sien.

Oor sy eerste skooldag (bl. 33) skryf hy: “Ek hap my broodjie, ek hou van eet, maar hier proe ek niks.” Wanneer hy later die dag met ’n “ster op my voorkop en ’n prent in die hand” by die huis kom, sê sy ma die prentjie is mooi, maar sy weet nie wat dit is nie. “Dis ’n skip, sê ek. Ek sien net blou, sê my ma. Hy het gesink, sê ek.”

Sy pa probeer sy bes – koop ’n rugbybal, wat onmiddellik onder in ’n kas beland, en gooi later uit moedeloosheid sy seun wat nie wil leer swem nie aan die diep kant in (bl. 197). “ . . .ek het die Here bedank vir alles . . . Almal het gegil, onder die water het dit geklink soos ’n engelekoor . . . toe het Pa my uitgeduik.”

Daar is oomblikke wanneer die jong Nataniël sy toekoms op ’n skrefie sien wink: die eerste keer in die betowerende kollig by ’n skoolkonsert en later, wanneer jare se sleepvoet loop na vervelige klavierlesse uiteindelik vrugte afwerp.

Dis nie net getroue ondersteuners van Nataniël wat die boek sal geniet nie. Dit behoort eintlik verpligte leesstof te wees vir almal wat kinders het of met kinders werk, want baie van die merke – of dit nou fisiek of emosioneel, positief of negatief is – wat grootmense op kinders laat, bly vir altyd sit.

Selfs en veral op ’n fynbesnaarde kind soos klein Nataniël le Roux.

Johanna van Eeden is ’n vryskutresensent van Johannesburg. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.63/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 796.10/T DOWN -0.88% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 937.54/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.63/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 796.10/T DOWN -0.88% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 937.54/OZ DOWN -0.0026