'n Jong leeu met baie planne
'n Jong leeu met baie planne

'n Jong leeu met baie planne

Cobie Bok
Cobie Bok- Jou gedagtes moet kan dwaal tot in die sewende hemel.

Soms dink ek die gewone mens se wese en gedagtes het gesterwe. Ja, nou sal sommige sê ek dink soos ’n jong leeu.

Ek begin vind egter nou eers my sterkpunte in die lewe. Ek probeer al hoe meer om nugter en waaksaam te wees, ek te leer uit my foute.

Al kuier ek soms in ’n dal van donker skaduwee, het van die mense daar nog baie hoop. Hulle glo in die lewe en aan Sy genesing. Hulle soek net lig, die ware lig.

Cobie Bok wil ook "rise", al is hy swak.

Dit sien ek elke dag. Die aanvalle, tydelik en geestelik.

“Straf hom,” sê die Gees in my hart. Ek staan terug en maak die regte keuse.

“Alle grappe op ’n stokkie, noem dit ’n stokkielekker,” sing een van my kunstenaarsvriende in sy liedjie. Ek neem aan hy eet almal se grappe op, só ernstig neem hy die lewe op.

Lewe in die voetspore van die Here, vra Hom om saam met jou te beweeg op jou daaglikse pad. Daar’s net een weg, en Hy is die weg en die waarheid.

Aan Namibia Media Holdings (NMH) wil ek dankie sê as die ouers van my loopbaanlewe. Republikein het my mooi opgevoed en ek voel positief oor my roeping in die lewe.

Ek gaan ons mense van Namibië wys ons kan sterk staan as een nasie, en as een kultuur. Namibië is my huis, Namibië is ons huis.

My sportmissie is ook nog nie uitgevoer nie en wil ons jong mense aan die res van die wêreld blootstel. Namibië het talent. Rugby is groter in 2019, veral daar waar my hart lê: die Unam-rugbyklub.

Ja, ek het die vrou van my drome gesien, maar sy is nog nie op dieselfde plek nie.

“Cobie, ek weet jy wil meer as vriende wees . . .” Of: “Cobie, ek weet jy wil meer as ’n vriend hê . . .” My intensies is glo duidelik, al is ek nie meer vriendelik as gewoonlik nie.

Ek hou daarvan om nuwe mense te ontmoet, veral dié wat belê in die lewe.

Karre en dames is ’n sweet "combo", veral by die strand of op die plaas.

Die plaas is een van my aftreeplanne. Ek meen, eendag sal my kantoor op die plaas wees sodat ek van die plaas af kan werk. Ons noem dit "networking". Ek gaan boer met beeste, kleinvee en ’n paar groenteplantasies.

Vir hierdie grafiese ontwerper het die deur na vryskutwerk as joernalis oopgeswaai. Ek sien daarna uit om op nuwe maniere ander mense se stories deur my eie te vertel.

Dit het tyd geword om stil te raak en alles op die altaar te plaas, wagtend op die vuur wat louter. Dié wat wag, kry nuwe krag, en glo my as ek sê ek voel geseënd om krag van die Here te ontvang.

Ek wil julle groet met dié gesegde: saam sal ons vêr reis, al kan jy alleen baie vinniger reis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!