’n Jaar vir uithaal en wys
’n Jaar vir uithaal en wys
04 January 2021 | Regering
Namibiërs staan in 2021 voor die uitdaging om almal saam te werk aan die herstel wat nodig is ná die ekonomiese ramp wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het.
Pres. Hage Geingob het vanjaar tematies tot een van veerkragtigheid verklaar in sy Nuwejaarsrede wat Donderdagaand gebeeldsend is. Kragdadigheid of vastrap is volgens die staatshoof nodig, eerder as net vasbyt.
Verlede jaar was die jaar van introspeksie.
Die staatshoof het gesê die tweede hoofstuk van die Harambee-welvaartsplan sal in Februarie bekendgestel word. Die plan sal volgens Geingob herlewing in sleutelsektore uitstippel.
Soos sedert Maart verlede jaar is onortodokse oplossings volgens die staatshoof nodig. Herlewingsprojekte in Harambee 2 sal dringend en met groot deursigtigheid deurgevoer word, het Geingob onderneem.
’n Wegbreekberaad van die kabinet in Desember het volgens Geingob landbou, onderwys en gesondheid as belangrike prioriteite uitgesonder, naas bestaande uitdagings soos werkskepping, behuising en die stryd teen geslagsgeweld.
Namibië sal volgens Geingob veel harder moet werk om beleggers te lok. Hy het ongegronde kritiek teen buitelandse beleggers deur die media en gemeenskappe as ’n hindernis uitgesonder.
Die president sal in Januarie lede aanwys van die nuwe raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling.
Hoewel Namibië gedurende 2020 volgens Geingob op die rand van ’n afgrond gehuiwer het, het die land se gees van dapperheid en deurdruk nie gebreek nie. Namibiërs moet 2021 as ’n jaar van hoop en hernuwing beskou, het Geingob gesê.
Werksverliese en die sluiting van besighede het volgens Geingob groot ellende vir vele mense veroorsaak. Behalwe vir ekonomiese en maatskaplike letsels is mense se geestesgesondheid volgens die staatshoof ook beproef.
Almal se samewerking, eenheid en versoening is volgens hom nou nog belangriker as ooit.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
17 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
17 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
17 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
17 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
17 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
17 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
17 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
17 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies