u2019n Jaar van vele eerstes
u2019n Jaar van vele eerstes

’n Jaar van vele eerstes

Yandi Du Plessis
[email protected]

Ek dink ons almal kan saamstem dat 2020 maar net gekanselleer kan word. “Rampspoedig” is nie eens die beste beskrywing nie. Dit was egter ook ’n jaar van klomp eerstes vir my. Ek werk vandag presies ses maande al by Republikein. Ek het op 6 Januarie 2020 amptelik deel van die werkersklas geword. Ek bly in my eerste woonstel, ek het my eerste wasmasjien gekoop, ek het my eerste salarisstrokie ontvang. Ek het my “nis” gevind. Ek voel die kuns- en vermaakstories is baie keer ’n ligpunt tussen al die Covid- en Fishrot-stories. My eerste Kollig het op 19 Junie die lig gesien. Dit is seker ligjare verwyder van die gehalte wat my voorganger Lloyd Zandberg s’n was, maar ek is trots op wat ek vermag het. Veral met my eerste probeerslag. Ek het nog baie om te leer. Ek glo almal, maak nie saak hoe oud of wys jy is nie, het altyd nóg om te leer.

Enigiemand wat my ken, weet ek haat dit om voor die kamera te wees. Die “fotogeen” het my duidelik oorgeslaan. Met die dat ek twee jaar laas ’n foto op Instagram gepost het, het ook nog nooit die kuns van selfies bemeester nie. Ek neem 12 en verwyder op die ou einde 13.

As leser is jy seker bekend met Republikein se oggenduitsending Kletskompas. Ek het dit tot onlangs reggekry om dié werk aan my gesoute kollegas oor te laat. Ek het egter geweet ek kan nie altyd vir die kamera wegkruip nie. My beurt het op 19 Junie saam met my eerste Kollig-uitgawe geval. Met ons buite-uitsending op dié Vrydag moes ek met kollega Denver gesels oor al die opwindende dinge wat in die kunswêreld gebeur, met natuurlik my masker aan. Dit voel vir my die oomblik wanneer ek afgeneem word, staan my hare in wilde rigtings en my gesig vervaal onmiddellik. Dus was ek eintlik half dankbaar vir die masker wat darem helfte van my gesig verbloem het. Die probleem was my masker het begin afskuif terwyl ek effens té entoesiasties geklets het en dit is nogal awkward om dit te herposisioneer terwyl die kamera rol.

Ek probeer dit toe so subtiel as moontlik doen.

Ek moes ook my eerste solo-onderhoud in die ateljee verlede Woensdag met die bluessanger Riaan Smit voer. Dodelik op my senuwees probeer ek maar net om nie oor my woorde te val nie, nie te veel aan my hare te vat nie (slegte gewoonte) en nie vir myself op die skerm te kyk nie. Dit laat mens in elk geval net skeel lyk, want jy is eintlik veronderstel om vir die kamera te kyk. Ek het die onderhoud oorleef en my ma het my na die tyd verseker dit was nie te sleg nie. “Welgedaan my pop, jy het net twéé keer aan jou hare gevat!”

Met die volgende probeerslag sal dit beter gaan en daarna nóg beter. Die vrees om jou naam met ’n plank te slaan voor almal wat daagliks na die program kyk sal altyd daar wees, maar in die tyd waarin ons ons bevind is dit belangrik om by omstandighede aan te pas. Ek is dankbaar ek het werk, selfs al beteken dit ek moet soos ’n idioot lyk.

Aan die begin van die jaar het ek gewonder of ek al “grootmens genoeg” is vir dié fase in my lewe. Ek wonder steeds. Ek wonder of enigiemand ooit regtig “grootmens genoeg” is. Baie van my ouer kollegas het my verseker hulle weet steeds nie so mooi hoe die belastingstorie werk nie. Alhoewel ek nog nie doodseker is wat om met my pink slip te doen nie, is ek dankbaar vir die dinge wat ek in my jaar van eerstes geleer het en nog gaan leer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035