’n Huldeblyk aan vroue

09 March 2018 | Kuns en vermaak
Die wenner van twee agtereenvolgende Pottebakkersvereniging Biennales in die beeldhou-kategorie het aanhangers behoorlik op sy eerste uitstalling laat wag.

Gelukkig is die gewag nou verby, met Mitchel Gatsi wat vanaand sy solo-uitstalling by The Project Room in Windhoek open.

Nurture bestaan uit 32 unieke, handgemaakte keramiekbeelde en -kruike, en kombinasies daarvan. Mitchell se werk beeld die uitdagings uit wat enkelma’s daagliks in die gesig staar.

Die afwesigheid van mans beteken dié vroue moet heeltemal onafhanklik wees.

Die respek wat die kunstenaar het vir hierdie besondere vroue word oorgedra in sy beeldhouwerk waarin moeders uitgebeeld word waar hulle kos, beskutting en ondersteuning voorsien.

Daarmee saam word sy liefde vir aardse, natuurlike vorms uitgebeeld.

Omdat die items teen ’n baie hoë temperatuur in ’n elektriese oond gebak word, lyk die klei swart.

Nog ’n reeks wat deel is van die uitstalling is ’n kombinasie van verskillende kleure klei wat gemeng word om ’n marmer-effek of fyn besonderhede te skep.

Mitchell, wat in Zambië gebore is en in Oxford grootgeword het en deesdae Namibië sy tuiste noem, word beskryf as ’n eksperimentele beeldhouer wat meer oor pottebakkery wil leer, maar ook sy kennis wil deel.

Die uitstalling open vanaand om 18:00 en kan tot 24 Maart by The Project Room besigtig word.

Soortgelyk

 

Drieling-ma sê dankie

10 ure gelede | Mense

Tanja BauseOp 25 Junie sal die drieling Mujaame, Kauzikua en Muhupise Tengee hul eerste dekade vier. Kort ná hul geboorte het hul ma, me. Orpa...

Suide se skaapboere kondig slagboikot aan

10 ure gelede | Plaaslik

Ronelle RademeyerDie krisis in die kleinveebedryf het weens die prysverskil op lamkarkasse hier en in Suid-Afrika só versleg dat skaapboere van Maandag af die uitvoerabattoirs...

Vermeende brandstigter 'te emosioneel' in hof

10 ure gelede | Howe

Francoise SteynbergDie vrou wat daarvan beskuldig­ word dat sy die geskiedkundige Seeheim Hotel buite Keetmans­hoop op 10 Junie laat afbrand het, me. Janine Almaviva Swartz...

Weer vir 21 Junie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig tot warm in die Suide, andersins mooiweer en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle in die oggend.GETYE...

Verstedeliking onder loep

10 ure gelede | Ministeries

Denver KistingIn 1990 het 43% van die wêreldbevolking in stedelike gebiede gewoon.Vyftien jaar later – teen 2015 – het dié syfer tot 54% geklim.Mnr. Derek...

Son gaan vandag 'stilstaan'

10 ure gelede | Wetenskap

Elvira Hattingh - Vandag om 12:07 sal die son regoor die Kreefskeerkring geleë wees en dus sy noordelikste posisie of verste punt vanaf die suidelike...

NIP ‘deeglik ondersoek’

10 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ’n Deeglike ondersoek gaan van stapel gestuur word om beweringe van bedrog by die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) te ondersoek. Die...

‘Skooltye gaan oor kinders, nie ouers nie’

10 ure gelede | Onderwys

Republikein het met ouers in die hoofstad oor die nuwe voorgestelde skooltye gesels wat binnekort van toepassing sal wees. Volgens die minister van onderwys, kuns...

Hulpfonds verwelkom ACC-ondersoek

10 ure gelede | Onderwys

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het Dinsdag op ’n brief gereageer wat tans op sosiale media versprei...