'n Huis vir Shimoshili
Tanja Bause - Mnr. Ndinoita Shimoshili kon verlede week Donderdag nie sy trane keer toe hy en sy familie 'n huis van Windhoek se munisipaliteit ontvang het nie. Die huis is in die Okuryangava-woonbuurt geleë. Shimoshili het in 2015 die kantoor van die burgemeester om 'n stuk grond genader. Hy gebruik 'n rolstoel en woon saam met sy gesin in 'n plakkershut in die Havana- informele nedersetting in Windhoek. Die plakkershut het geen water- en sanitasiegeriewe óf elektrisiteit nie. Die raad het 'n stuk grond ter waarde van N$80 000 aan hom geskenk. Die gesamentlike onderneming, Oluzizi-Amibex, het die huis ter waarde van N$180 000 as deel van hul korporatiewe sosiale verantwoordelikheid gebou en geskenk. Die huis is ook ten volle deur die munisipaliteit en die ontwikkelaar gemeubileer.
“Die raad is bewus van talle soortgelyke gevalle, maar ons het beperkte hulpbronne tot ons beskikking,” het die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, gesê.
Tydens dieselfde geleentheid is die munisipaliteit se behuisingsprojek van 79 erwe in Khomasdal se uitbreiding 16 van stapel gestuur. Dié erwe is deel van 399 erwe wat deur die raad gediens is.
Sowat 100 daarvan is aan jonger mense verkoop en 80 aan personeel van die munisipaliteit. 'n Verdere 140 erwe is vir aansoekers op die munisipaliteit se registrasielys gereserveer.
Die raad het verder 'n ooreenkoms met Oluzizi-Amibex aangegaan vir die konstruksie van 79 bekostigbare middelinkomste huise op 'n plot-en-planbasis.
“Die grond word nie aan 'n ontwikkelaar verkoop nie. Dit bly die stad se eiendom tot dit aan die koper, mét 'n klaargeboude huis daarop, oorgedra sal word,” het Kazapua verduidelik.
Volgens hom is die prys van die huis (insluitende die grond) vasgestel op 'n limiet van N$800 000 om “stygende huispryse te versag”.
“Die kopers van dié huise is eerste kopers en aansoekers op ons waglys wat deur die bank goedgekeur is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie