'n Huis vir Ananias

14 August 2018 | Mense
Tanja Bause



Danksy Standard Bank Namibia se Buy-a-Brick-projek het mnr. Ananias Shikongo, Namibië se para­limpiese ­gouemedaljewenner, ook nou 'n holte vir sy voet.

Die blinde Shikongo het in 2016 een goue en twee brons medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro losgeslaan.

As kind het hy sy sig verloor en in 'n sinkhuis in die Goreangab- ­informele nedersetting grootgeword.

Standard Bank Namibia, in samewerking met die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), het 'n huis ter waarde van N$500 000 aan hom oorhandig.

“Ek is baie dankbaar vir dié huis. Hulle het my lewe van 'n krotlewe na 'n stadslewe verander,” het Shikongo gesê.

“My sportloopbaan het nie in ­Januarie 2016 begin nie. Dit het in 1996 by die Eluwa- spesiale skool vir gesigs- en gehoorgestremde kinders begin. Dit was 'n lang en harde pad,” het hy gesê.

Hy het ook 'n boodskap vir die jeug: “Julle het nooit tyd om vir oefening te gaan nie. Julle mors jul lewens. Julle staan vroeg op om iemand anders se goed te steel en wag dat julle geskiet word.

“Julle gaan jul lewens verloor. Kyk na my lewe. Ek is blind en het niks verloor nie.

“Daar is baie mense wat kan sien, wat sukkel, maar hulle sal nooit bereik wat ek bereik het nie. Hou op om jul tyd te mors.”

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

5 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...