'n Huis in drie dae

Die wiele rol vir 'n nuwe boutegniek met poliëster en sand waarmee huise goedkoop en in 'n kits opgerig kan word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die tekort aan bekostigbare behuising gaan binnekort getakel word met 'n tegniek waardeur huise binne drie dae met boublokke opgerig kan word op dieselfde wyse as wat kinders met Lego's bou.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, en die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, was gisteroggend teenwoordig by die bekendstelling van Polycare Namibië. Die adjunkambassadeur van Duitsland, mnr. Ullrich Kinne, was ook teenwoordig.

Die maatskappy beplan om 'n einde te bring aan die behuisingskrisis in die land deur nuwe tegnologie waarmee 'n 56m²-huis binne drie dae en vir net N$250 000 gebou kan word.

Dr. Gerhard Dust, stigter van die Duitse maatskappy Polycare, het verduidelik hoe die tegnologie ontstaan het. Ná sy aftrede in 2010 was hy diep geraak deur die aardbewing in Haïti en die noodreddingspogings het hom twee lesse geleer. "Mense kan dae lank sonder kos of water leef, maar sonder skuiling kan 'n mens nie een aand ná so 'n ramp oorleef nie,” sê hy, en ook "hoe gelukkig ek was om altyd 'n dak oor my kop te kon hê”.

“Ons het gedroom om 'n nuwe stelsel te ontwikkel waarmee slagoffers met behulp van plaaslike materiaal vinnig hul huise kan herbou.”

Hy sê die rede waarom minstens 1,2 miljard mense wêreldwyd dakloos is, is omdat boumateriaal so duur is en die boubedryf soos in antieke tye georganiseer is.

Deur Polycare is die tegnologie ontwikkel om gewone sand, soos gevind in Namibië se woestyne en rivierbeddens, met poliësterhars te meng en daarmee boublokke te vervaardig wat soos Lego's inmekaar pas, en gebruik kan word om vinnig 'n woning op te rig.

Fabriektoerusting, wat in 'n vraghouer kan pas, is ontwikkel om elk binne 'n uur 120 sulke blokke te vervaardig. Met 1 000 van die blokke kan enigiemand met net twee dae se opleiding 'n huis bou, sê hy.

Nou het Polycare in Duitsland 'n vennootskap met die siviele ingenieursfirmas, Namibbeton en KL Building, asook die Swapo-maatskappy Guinas Investments gesmee en saam Polycare Namibië gestig. Elk van die drie vennote besit 'n derde van die aandele in die plaaslike maatskappy.

Kinne het gister gesê Duitsland ondersteun die belegging in dié belangrike sektor van die ekonomie vir sosiale ontwikkeling. Hy sê 'n kleuterskool in Otjomuise sal een van die eerste projekte vir die toepas van die tegnologie wees nadat die privaat gefinansierde fabriek in Windhoek opgerig is.

Buiten vir die hars wat uit Duitsland kom, sal net plaaslike materiale gebruik word.

Shaningwa sê sy is baie positief en uiters optimisties oor die ontwikkeling. Volgens haar dra die nasionale tekort aan bekostigbare behuising grootliks by tot armoede in Namibië. Nie net is die regering bereid om alternatiewe boumetodes te ondersteun nie, maar Namibië is ook gierig om die res van suidelike Afrika te lei op die pad na bekostigbare behuising, sê sy. Volgens haar sal die Polycare-metode 'n uitstekende toevoeging tot bestaande tradisionele boumetodes in Namibië wees.

Sy het plaaslike spelers in die boubedryf, veral banke, gevra om te kyk hoe hulle kan bydra en lenings aan mense met toegang tot grond vir die bou van dié huise te verskaf. Sy moedig ook Namibiërs aan om te spaar, om in die toekoms hul eie huise te kan bou.

Burgemeester Kazapua sê dat die bestaande bouregulasies en munisipale verordenings, wat in die verlede alternatiewe boumateriaal en metodes se toepas vertraag het, nie die nuwe tegnologie direk verbied nie. “Dit is net 'n kwessie van inkorporasie en aanpassings,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%