‘n Groot kabeljou loop vroeg
‘n Vroeë aanspraakmaker op die titel van kampioen van die Bonanza was vanoggend voor 10:00 J. van der Merwe van Tsumeb met ‘n kabeljou van 20,9 kg.
Hy het sy vangs ver noord by die wrak van die Winston behaal en nadat hy by die Bonanzatent op Hentiesbaai ingeweeg het hy dadelik weer na sy vangplek teruggekeer.
Nog ‘n vroeë en indrukwekkende vangs is ook deur ‘n hengelaar van Tsumeb, M. Gerber, by Myl 70 behaal. Sy kabeljou wat hy ná die Van der Merwe-kabeljou ingebring het, het die skaal op 16 kg getrek.
Op die gebied van die spesies steenbras, galjoen en kolstert was daar ná die koms van hoogwater nog geen noemenswaardige vangste nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie