’n Fees van teater

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het ten doel om ‘n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspeel en teaterkyk onder hoërskoolleerlinge te bevorder.
Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Die bekende Brasiliaanse dramaturg, regisseur en filantroop Augusto Boal het lank, lank terug op ‘n skewe podium, sonder ‘n mikrofoon, voor hordes mense gesê: “Teater is 'n vorm van kennis; dit moet en kan ook 'n manier wees om die samelewing te transformeer. Teater kan ons help om ons toekoms op te bou, eerder as om net daarop te wag.”

Jare later vereenselwig verskeie individue hulself met dié stukkie wysheid van Boal.

Daar skuil ‘n soort waarheid in sy stelling; dat teater seersekerlik een van die kunsgenres is waarby baie mense aanklank vind. Hetsy dit ‘n belaglike vertolking is van Romeo en Juliet se skandes wat iewers op ‘n dorp met te min strate se verhoog uitgeblaker word, ‘n satiriese blik op die lewenspatrone van die mens, of selfs ‘n komedie wat van ons diepste, seerste geheime ontbloot – dis ‘n wonderlike medium om iets te sê. Iets wat nie aldag sommer uit jou mond sal kom nie.

Die ontwikkeling en evolusie van teater deur die jare het verskeie mentors, geskiedkundige oomblikke en baanbrekers in hul veld die wêreld ingestuur. Vandag nog maak hierdie kunsvorm opsprake en vermaak gehore oraloor die aardbol. Jaarliks kom verskeie teaterentoesiaste, regisseurs, skrywers, akteurs en verhoogmense bymekaar om vir ‘n plek in die kollig mee te ding by een van die oudste projekte wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging aanbied – die ATKV Tienertoneelkompetisie.

Dis weer tyd vir dié jaarlikse hoogtepunt en die Namibië-streeksfinaal vind vanaf 14 tot 16 Augustus in die Windhoek Gimnasium-ouditorium plaas. Alle vertonings is gratis en die program begin daagliks stiptelik om 16:00.

Hoe werk dit?

Skole tree Woensdag en Donderdag op vir ‘n plek in die streeksfinaal.

Regisseurs sal op die Donderdag ingelig word of hul stuk deurdring na die hoogtepunt wat op Vrydag 16 Augustus plaasvind. Al vier die toneelgroepe wat deurdring, ontvang sertifikate vir erkenning van deelname.

Die proses

Repliek word aan die einde van elke aand deur die beoordelaarspaneel gelewer. Die doel is om konstruktiewe voorstelle te gee om die produksie in geheel te verbeter. Goue, silwer- en bronssertifikate word vir die volgende toegeken: Akteur of aktrise (hoofspeler of ondersteunende speler) vir die vertolking van ’n rol; Groep, vir ensemblewerk; Regisseur en enige leerling (of span) vir hantering van ’n tegniese aspek(te); Skrywer van ’n oorspronklike teks; Produksie (word bepaal op grond van die gemiddeld van die beoordelaars se punte); en dekor, kostuums, grimering, rekwisiete, klankbaan, spesiale effekte, choreografie.

Kersie op die teaterkoek

Finaliste kan uitsien na ’n hartklopfinaal wat asems gaan wegslaan.

Vanjaar se ATKV-Tienertoneelfinaal word aangebied by die Adam Small-teater op Stellenbosch – tuiste van die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement, die Woordfees en wyn. Al die finaliste ding vanaf Maandag 23 September tot Donderdag 26 September mee. Donderdagaand na afloop van die laaste optrede word die topvyfproduksies aangekondig. Vrydag 27 September word teatergesprekke gefasiliteer met die topvyf wat die aand weer optree. Saterdagoggend 28 September word die beste van die beste gekroon.

Neem kennis: Die streeksfeesfinaliste dring nie noodwendig deur na die ATKV-Tienertoneelfinaal nie.



Kassie

Deelnemers aan Namibië-streeksfeesfinaal

Windhoek Gimnasium

DOODMOEG

Skrywer(s): Magdaleen van Zyl

Regie: Magdaleen van Zyl, met die hulp van Seve Willemse en Klara Greyling

Sinopsis: Die storie handel oor ’n tienerdogter wat wil selfmoord pleeg. Sy beskryf haarself aan haar ma as “swak geselskap” – sy is nie meer nodig nie. Die gedigte en prosa wat tussendeur voorkom, is alles dinge in die lewe wat maak dat tieners hoop verloor en nie meer wil lewe nie. Daar word kommentaar gelewer op hoe tieners met mekaar omgaan wat identiteit en selfwaarde, en selfs dwelms, aanbetref. Dan is daar ook die dele van kinders se lewe wat deur ander en ook ouer mense veroorsaak word, soos seksuele misbruik.

Windhoek Hoërskool

DIE HAKSOEN

Skrywer(s): Lize en Leané Janse van Rensburg

Regie: Lize en Leané Janse van Rensburg en S. Potgieter

Sinopsis: Die toneel speel af in die moderne tyd waarin Cindy, die hoofkarakter, en haar beste vriendin, Betsie, speurders is. Hulle moet die beroemdste model in Winterhoek Hoërskool van ’n tragiese gebeurtenis red. Daar is baie drama, veral by Cindy se huis, maar dis al wat ons gaan vertel.

Privaatskool Elnatan

OSSEWA

Skrywer(s): Wim Vorster

Regie: Isabella de Beer

Sinopsis: ‘n Afrikaanse weergawe van The Wizard of Oz.

KANDAS

Skrywer(s): Andre Visser

Regie: Andre Visser

Sinopsis: 'n Drama wat in die Ou Kaapse Kompanje-tydperk afspeel.





Walvisbaai Privaat Hoërskool

YENDI

Skrywer(s): Carla Hannabus

Regie: Carla Hannabus

Sinopsis: Yendi gaan oor die identiteitskrisis van 'n jong, anonieme kunstenaar en hoe haar persoonlike verhoudings deur hierdie anonimiteit geaffekteer word.

NET ‘N HAPPIE

Skrywer(s): Leanri Paulsen

Regie: Leanri Paulsen

Sinopsis: Teen druktyd het Republikein geen verdere inligting ontvang nie.

HULLE SAL NOG BEL

Skrywer(s): Rynie Olivier

Regie: Me. Marlene Venter

Sinopsis: Dit gaan oor 'n jeugdige wat ontspoor het.

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

UIT EEN MOND

Skrywer(s): Lloyd Zandberg

Regie: Lloyd Zandberg

Sinopsis: Uit Een Mond is ’n game show op TV wat elke Woensdagaand regstreeks uitgesaai word. Daar is dus geen ruimte vir retakes of om woorde te tel nie. Die aanbieder is ene Zel – ’n has been wat steeds hard probeer. Sy glo nie in liefde nie en is eintlik maar ’n vrot aktrise. In die show kry verloofde paartjies die kans om ’n eilandwittebrood te wen indien hulle al die uitdagings en speletjies suksesvol voltooi waarmee Zel vorendag kom.

OM TE SPEEL OF OM NIE TE SPEEL

Skrywer(s): Annika van der Linde

Regie: Annika van der Linde en Lloyd Zandberg

Sinopsis: Dit gaan oor die drang van akteurs om ‘n rol in ‘n toneelstuk los te slaan en wat hulle alles sal doen om dit reg te kry – soms subtiel. Dis ‘n komedie oor wat agter die skerms van ‘n produksie in wording gebeur, maar ook wat agter karakters se gedrag lê.

KASSIE

(KASSIE)

Die kenners

Ira Blanckenberg en Craig Morris is gereed om elke produksie met inspirerende wenke te verbeter. Vrydag tydens die streeksfeesfinaal sluit dr. André Gerber by Ira en Craig aan om die wenners van die streeksfees te bepaal.

(Kassie)

Bekendes se topdriewenke

Albert Maritz: Akteurs moenie hul woorde sing nie. Jy mag wel ’n dink- of asempouse neem op die verhoog. Moenie met jou rug na die gehoor speel nie. Skep speelareas nader aan gehore. Julle speel soms in groot ouditoriums. Oop areas langsaan of agter die spelers is dan minder van ’n probleem en word eintlik onsigbaar. Beligting is baie interessant as dit eerstens die spelers sigbaar maak. Dit skep ook diepte wanneer lig van agter (uit die coulisse) of van bo af gefokus word. Onthou om ook dele van die toneel wat net in die agtergrond afspeel, met subtiele lig of kleur te aksentueer.

Cintaine Schutte: Take the stage en anker jouself. Pasop vir rondtrippel of sweef. Doen navorsing oor jou karakter en storie. Daar is nie ’n verskoning om nie navorsing te kan doen nie. Weet wát jy kommunikeer en hóékom jy kommunikeer. Wanneer jy twyfel, gaan altyd terug na die teks en jou navorsing. Benader elke toneel asof dit ’n begin, middel, einde én klimaks het. Dit help met tempo, ritme en nuanse.

Ira Blanckenberg: Karakterisering - ’n Volronde karakter wat nie die tiener self is nie, maar ’n karakter wat geskep word met persoonlikheid, mannerismes, huislike omstandighede en so meer, is baie belangrik. Hoe groei en verander jou karakter deur die stuk? Akteurs kan nie elke toneel met dieselfde aanslag vertolk nie. Vra jouself: Waar kom jy vandaan vóór die toneel? Is dit oggend of aand? Kleur die omgewing in. Dit maak jou spel geloofwaardig. Akteurs luister dikwels nie na mekaar nie, daarom vertolk elkeen sy reëls op sy beurt. Luister en reageer. Aksie – reaksie! Tempo en invalle is dikwels bitter traag.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%