’n Dag aan kanker toegewy

Gerine Hoff
(Caitlin Strong, graad 11A)

Leerlinge aan die Privaatskool Welwitschia het op Vrydag 10 Maart ’n geldinsameling ten bate van verskeie kankerorganisasies gehou.

Dié dag is deur twee lede van die juniorstadsraad gereël. Caitlin Strong en Samantha Panizza, onder leiding van juf. Marike Schwacke, het al die reëlings vir die dag getref waarmee beoog is om ’n verskil in die lewe van kankerlyers te maak.

Kolwyntjies wat pienk en wit versier is, is deur die leerders gekoop. Daar was ook tradisionele pienk linte van Grace Nunuhes te koop. Amoré Liebenberg het haar kant gebring deur linte te vou. Die skoolhoof, me. Tiensie Dry, het ingestem dat leerders op die dag pienk-en-wit T-hemde kon dra en op die Vrydag was die skool omskep, met ’n vrolike atmosfeer waarin oud en jonk hulself geniet het.

Belangstelling en ondersteuning vir die projek van beide die kinders en die onderwysers was oorweldigend en die dag was ’n reusesukses. Die inisiatief het gesorg vir ‘n wins van meer as N$2 000 wat aan verskeie kankerorganisasies geskenk gaan word. Caitlin en Samantha gaan ook ’n persentasie van die geld gebruik om ander projekte ten bate van die gemeente te begin.

Die Privaatskool Welwitschia wil ander skole aanmoedig om soortgelyke projekte aan te pak omdat dit nie net geld ten bate van ’n goeie saak insamel nie, maar ook lei tot die wete dat jou medemens in die nood bygestaan word. ’n Groot motivering is ook dat 'n mens nooit weet wanneer dié gevreesde siekte sy verskyning in diegene naaste aan jou kan maak nie.

Almal betrokke het dit as ’n voorreg beskou om deel te wees van die dag en was dit eens dat nog sulke dae op die horison kan wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!