'n Bus vir JP Brandt

05 March 2018 | Plaaslik
Henriette Lamprecht - Een van Laerskool JP Brandt se grootste drome is 'n bus vir sy 287 leerlinge.

Die skool is 'n landelike skool sowat 56 km suid van Walvisbaai en is in die Utuseb-nedersetting geleë wat meestal deur die Topnaars, 'n Nama-gemeenskap ook bekend as die ?Aonin, bewoon word.

Volgens die departementshoof van die skool, me. Francina Fredericks, is die leerlinge grootliks wees- en weerlose kinders wat uit 'n gemarginaliseerde en arm gemeenskap kom.

"Van hulle het ouers, maar hulle het geen inkomste nie. Om dus 'n fondsinsameling vir ekstras te doen, is nutteloos, want niemand uit die gemeenskap sal hiertoe kan bydrae nie," het Fredericks verduidelik.

Volgens haar maak die afstand tussen Utuseb en die naaste dorp (Walvisbaai) dit moeilik vir die leerlinge om aan onder meer sportwedstryde deel te neem. Sou van die leerlinge mediese hulp vereis, moet 'n onderwyser se motor ingespan en "volgeprop" word.

"Ons het probeer om aan aktiwiteite buite die skool deel te neem en het dan maar 'n geleentheid saam met iemand probeer kry. Die alternatief is om 'n voertuig of 'n bus te huur, maar dit kos te veel."

Nog 'n droom is 'n rekenaarkamer waar leerlinge rekenaarvaardighede kan aanleer wat deel van die leerplan vorm.

"Ons het wél rekenaars, maar dit is totaal verouderd. Die skool het sowat 20 nodig om ons leerlinge die verpligte vaardighede te leer."

Volgens Fredericks is die internet- en ook selfoonopvangs by die skool baie swak. Sy het die hoop uitgespreek dat 'n selfoontoring nader aan die gemeenskap opgerig kan word om hulle minder geïsoleerd van die buitewêreld te maak.

Die skool se heining is ook in 'n vervalle toestand, met wilde diere soos hiënas en jakkalse wat deur die gate klim en op die skoolterrein beweeg.

"Dis belangrik dat dit reggemaak word. 'n Hoë baksteenmuur sal ook help om die kinders veilig te hou."

Fredericks het beklemtoon die leerlinge word baie goed deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ondersteun.

"Die koshuis en skool sorg goed vir die leerlinge. Hulle kry drie gesonde maaltye per dag en ook iets om te eet tydens pouses. Dit is die ekstras wat geld kos en wat ons nie van ons ouers of die betrokke gemeenskap kan vra nie, omdat hulle reeds so min het."

Fredericks kan by (064) 694041 of 081 576 9690 geskakel word.

Soortgelyk

 

Nóg toeriste op grondpaaie beroof

1 uur gelede | Misdaad

Twee toeriste is Sondag onderweg na Sossusvlei deur ‘n groep mans van die pad afgedwing. Volgens hoofinspekteur Daniel Gurirab van die Namibiese polisie in...

Net ál nouer om Rooies

11 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - ’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas die oudlanddros mnr. Rooies Mostert moet vervolg word, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC)...

Brand verwoes 9 kamers op Koedoeberg

11 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht – Die Koedoeberg-gasteplaas se hoofgebou en wat onder meer die ontvangsarea, kombuis, kroeg en lapa gehuisves het, is Woensdagaand in ’n brand verwoes....

Weer vir 18 September 2018

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande word in die noordelike streke verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en baie warm wees,...

Ma en seun vandag weer voor hof

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Tienerseun is gistermiddag in die sorg van sy ma vrygelaat.Dít kom nadat dié 45-jarige ma gister op borgtog van N$1 500 vrygelaat is.Ma...

Man van halfmiljoen se items beroof

11 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause Vyf gewapende mans het 'n man by sy huis in die hoofstad beroof en met items ter waarde van 'n halfmiljoen Namibiese dollar...

Walvis vrek ná reddingspoging

11 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - ’n Gestrande jong Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis) is verlede Woensdag in Grosse Bucht by Lüderitz ontdek.Dié voorval is by mnr. JP Roux,...

Hoë bydraes beperk toegang tot gesondheidsorg

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die impak van groot jaarlikse toenames in bydraes, saam met die groot styging in uitgawes vir lede se eie onkoste, het ‘n...

Namibië se erfenis dié week gevier

11 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Vandeesweek word Erfenisweek oraloor die land gevier met die tema “Turuganeni Kumwe”, wat in Rukwangali “Kom ons werk saam” beteken. Volgens die...