’n Briefie vir Amelie

07 November 2018 | Rubrieke
Elvira Hattingh - Liewe Amelie, jy ken nie my nie, maar ek het die afgelope dae baie van jou gehoor. Ek weet nie eens of dit my plek is om hierdie vir jou te skryf nie, maar ek het gehoor hoe ’n dapper meisie jy was en steeds elke dag is.

My hart gaan uit na jou en ek wens ek kon jou ‘n stywe drukkie gee. Ek is baie jammer om te hoor oor wat jy moes sien en deurmaak. As ‘n mamma is ek só bly dat jou ouma en oupa nou na jou en Snowy, jou katjie, gaan kyk.

Ons weet hulle is baie lief vir jou en jy het ‘n hele familie wat só mooi na jou gaan kyk.

Weet jy wat: Jy is heeltemal reg toe jy vir jou ouma gesê het sy moenie huil nie, want mamma se siel is by Liewe Jesus én by julle. Ek is ook ‘n mamma en ek kan jou een ding vertel: ‘n Mamma vergeet nooit haar kind nie. Nooit, ooit, ooit nie.

Jou mamma sal altyd by jou wees en in jou hartjie woon en elke dag vanuit die hemel na jou kyk. Ek weet sy sal, want dit is wat mammas doen.

Liewe Amelie, daar is nog iets wat ek vir jou moet sê. Ek dink al Namibië se mammas en pappas het jou nou in hul harte aangeneem.

Dit beteken nie net het jy jou mamma nie, maar ‘n hele land vol mammas én pappas!

Ek belowe jou, in almal van ons se harte is jy ook nou óns dogtertjie. Onthou dit as jou hartjie dalk soms seer raak - moet nooit vergeet van almal wat baie lief vir jou is nie. Vertel vir mense as jou hartjie seer is, want dis hoe al die einas sal beter raak.

Maatjies van jou mamma het vir my foto’s van julle twee saam gewys en jinne, jy is ‘n pragtige meisiekind. Ek dink die heel mooiste van jou is dat jy so ’n dapper, wyse en sterk meisie is. Ek ken geen ander sesjarige soos jy nie.

Ek wil hê jy moet altyd so sterk wees soos nou. Pak die lewe voluit aan – ek is seker dit is wat jou mamma sou wou hê. Maak nie saak wat nie, jy hoef vir niks terug te staan nie! Jy is tot alles in staat. Hou altyd jou Skepper se hand vas. Jy kán, ek weet jy kan!

Namibiërs, Amelie en ander kindertjies soos sy se verhale is ‘n aanklag teen ons as volwassenes. Statistieke wys dat die land se vroue en kinders bloei, geslagsgeweld is so algemeen soos tande borsel.

Ek is die bekommerdste oor wat aan onskuldige kinders gedoen word. Statistieke dui aan een uit elke vier skoolgaande kinders in Namibië is slagoffers van onsedelike geweld. In amper die helfte van al die verkragtingsgevalle tussen 2003 en 2012 was kinders die slagoffers.

Ek dink ons as ma's en pa's sidder.

Daar word elke tweede dag optogte gehou, ons trek swart aan, hou kunsuitstallings, politici lewer mooi praatjies, verkragters word net weer en weer op borgtog vrygelaat en die media skryf maar oor net nóg 'n geval.

Ek sien nie hoe dit werklik ‘n impak het op hierdie kindertjies se werklikheid nie, ek sien nie dat geslagsgeweld enigsins verminder nie of dat daar minder kinderslagoffers is nie.

Ek het ook nie die antwoord nie, maar ek glo ‘n verandering sal slegs kom deur indivduele en gemeenskapsbesluite.

Ma’s en pa’s: Dít sluit in om vir jou en jou kinders op te staan, tot om nie molestering-, verkragting- en aanrandingsake terug te trek nie, en dat gemeenskappe nie langer die oortreders moet beskerm en hul sondes toesmeer nie.

Moenie hulle van die tronk probeer beskerm nie, beskerm eerder ons kinders. Dis harde en bitter moeilike besluite, maar solank ons dit nié neem nie, is daar bloed op ons hande – dié van vroue en veral van ons kinders.

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

1 dag gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

1 dag gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

1 dag gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

1 dag gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...