'n Brief aan Mammie

14 January 2020 | Menings
KEVANNI EN HAYLEY SKRYF:

Aan Mammie Leatitia

Vier jaar gelede was ons klein en het maar min verstaan van wat gebeur het. Joshua was nog in doeke en kan vandag nie veel onthou nie.

Vier jaar gelede is Mammie van ons weggeruk sonder ’n tot siens, soentjie of drukkie. Ons harte was rou en verskeur, maar Mammie, ons het grootgeword. Ons het geleer om dinge te doen sonder ’n ma.

Oumie help natuurlik baie, maar as Mammie hier was, sou Mammie gehelp het met ons wiskunde en rekenaarstudies wat soms so ’n pyn is.

Soms wil ons uitbreek en huil, maar ons tannies en ooms is so behulpsaam. Ons het deel geword van hulle gesinne sonder om uit te voel.

Ons het jong meisies geword. Ons wou so graag gehad het Mammie moes dit saam met ons beleef het. Ons het ons eerste liefdes ontmoet en ons ken ook ons eerste hartbreek. As Mammie hier was, weet ons, ons sou dit anders hanteer het.

Mammie het alles altyd met soveel geduld en liefde gedoen en nooit vir ons dom laat voel nie. Ons wil soms huis toe hardloop om goeie nuus te deel, net om te besef ma is nie daar nie.

Maar God het sy rede gehad hoekom hy Mammie moes roep en ons sal eendag verstaan. Ons is nie meer kwaad nie, ons het vergewe, ons dra niemand op ons harte nie en wens net Joshua en Davian kon besef het watse konininginmoeder hulle gehad het.

Ons sal oukei wees, Mammie. Ons word liefgehê, ons kry wat ons vra, ons is gesond, ons is veilig, ons is nader aan mekaar as ooit tevore, want ons het besef familie is alles. En Liewe Jesus beskerm ons.

Ons moet nou tot siens sê Mammie, maar ons sal Mammie altyd in ons harte dra tot ons eendag saam in die koninkryk ontmoet.

O ja, Mammie, hou op stres. Ons weet nou al wat om te maak dat Oumie nie so baie skel nie.

Soortgelyk

 

Covid-19-gevalle styg met 96 tot 1 618

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal Covid-19-gevalle het met 96 tot 1 618 gestyg. Hiervan is 75...

Verkeer tussen Namibië, Kaap weens Covid-19 ontwrig

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Vragverkeer tussen Namibië en die Wes-Kaap kan sedert Donderdagaand nie langs die kortste roete oor die Oranjerivier plaasvind nie, aangesien Suid-Afrika sy...

24-year-old ensuring safety via TaxiConnect

22 ure gelede | Mense

MICHELLINE NAWATISESTaxiConnect is a locally developed ride-hailing company founded in April 2020. TaxiConnect offers an interactive and smart technology of taxi booking for customers and...

Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie- en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en -kontakte te isoleer nie....

Rehoboth verenig in rou

22 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting op Rehoboth – Die rou snikke van ’n 20-jarige ma van Rehoboth, me. Roseline Moss, kon gister deurgaans gehoor word toe haar twee...

Weer, Vrydag 24 Julie 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Oosweertoestande sal oor die Namib en kusareas voorkom. Tref voorsorg.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins sonnig en matig tot warm. 'n Taamlik sterk tot sterk noordoostelike...

Vakbonde tree in bresse vir fabriekswerkers

22 ure gelede | Visserye

Erongo-span – Die president van die Vakbondkongres van Namibië (Tucna), mnr. Paulus Hango, het gesê vakbonde wat werkers in die vissersbedryf verteenwoordig, is bekommerd oor...

Bou van ambassade stort miljoene in ekonomie

22 ure gelede | Infrastruktuur

Kristien Kruger – Die oprigting van die nuwe Amerikaanse ambassadekompleks in Klein-Windhoek het gister 'n sooispitseremonie bereik waartydens dié land se ambassadeur in Namibië, me....

SA trek beampte vas wat visumbedrog uit Windhoek pleeg

22 ure gelede | Misdaad

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het 100 visums teruggetrek wat na bewering deur een van sy beamptes wat by die hoëkommissariaat in Windhoek geplaas...