'n Band wat nie kan breek

'n Uitstalling in die Noorde bied insig in die geloof van 'n gemeenskap voordat hulle die Christelike geloof aangeneem het.
'n Mobiele uitstalling en katalogus, Oombale Dhi Ihaka: A Bond That Can Not Be Broken, gebaseer op foto's van 126 kulturele artefakte wat die Finse sendeling Martti Rautanen (beter bekend as Nakambale) versamel het, is amptelik by die Sekondêre Skool Onayena geopen.

Die uitstalling is deur die Museumvereniging van Namibië (MAN) ontwikkel, deur die Europese Unie gefinansier en deur die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, bekend gestel.

Die artefakte word tans deur die nasionale museum van Finland ­gehuisves.

Die plaaslike uitstalling spog met 'n stuk van Emanya ­lyoshilongo Shandonga, 'n klip wat 'n heilige kunswerk in die Ondonga-koninkryk was. Voorts is daar sommige van die antieke grafte van die Aakwaniilwa (konings) of Ondonga.

Mbumba het Namibiërs aangemoedig om te help om die historiese grafte van tradisionele leiers uit die pre-­koloniale tydperk te identifiseer voordat dit verlore gaan.

Volgens Mbumba bied die uitstalling aansienlike insig in die ­godsdienstige geloof van die gemeenskap voordat hulle die Christelike geloof aan­geneem het.

Me. Jana Hybaskova, die ambassadeur van die afvaardiging van die Europese Unie in Namibië, verduidelik die uitstalling was die eerste van vier komponente van 'n projek om deur museumontwikkeling kulturele regte in Namibië te versterk.

Volgens Hybaskova kan museums help om kulturele erfenis te laat herleef en kan museumversamelings gebruik word om nuwe ­verhoudinge tussen Europa en Namibië te bou.

Die adjunkminister van basiese onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het op haar beurt die onderrigwaarde van die uitstalling en katalogus beklemtoon. Die teks is in Engels en Oshindonga.

Volgens Nghipondoka gaan MAN 'n kopie van die katalogus aan elke sekon­dêre skool in Namibië verskaf. Skoolbiblioteke sal help met die ­verspreiding van die katalogusse.

Die uitstalling gaan vir verskeie weke in die Oshikotostreek wees sodat skole dit kan besoek.

MAN se voorsitter, dr. Martha Akawa-Shikufa, het gesê die vereniging glo in die idee van museums sonder mure as 'n manier om die ervaring van 'n museumuitstalling te neem na gemeenskappe wat nog nie 'n museum het nie. Volgens haar is die uitstalling baie mobiel en kan dit agter in 'n motor pas. Sy het die hoop uitgespreek dat die uitstalling ook na ander streke in die land geneem sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!