Mzansi-liga goud werd

Krieket
Christo Buchner

Die Mzansi-superliga (MSL) bied jou die geleentheid om spelers van ander dele van die land beter te leer ken wanneer jy nou skielik ’n kleedkamer met hulle deel, sê AB de Villiers, kaptein van die Tshwane Spartans.

De Villiers het Woensdagaand toe hy die toernooi, wat vir sy span op ’n teleurstellende noot geëindig het met nog ’n nederlaag teen die Durban Heat in Centurion, in oënskou geneem het, gesê hy glo ’n goeie grondslag is gelê vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse T20-reeks.

Hy het ook aangedui dat hy in 2019 weer terug sal wees om in hierdie toernooi te speel.

“Ek het byvoorbeeld iemand soos Gihahn Cloete (van die Warriors in die Oos-Kaap) veel beter leer ken en ’n ander sy van hom gesien as wat ek in my gedagtes gehad het. Enkele jare gelede was daar ’n voorval met hom in die plaaslike T20-reeks in ’n wedstryd waarin ek gespeel het, maar die afgelope maand het ek hom veel beter leer ken en sien hom nou in ’n ander lig,” sê De Villiers.

“Wat hierdie toernooi ’n mens leer, is dat dit nie noodwendig die spanne is wat veronderstel is om die grootste name en beste spelers te hê wat bo uitkom nie. Dit is nou maar die aard van T20-krieket. As jy ’n reeks goeie vertonings kan saamflans, waarborg dit vir jou veel meer sukses,” sê hy.

Die Spartans en die Heat het dit juis tot hul spyt uitgevind. Vooraf was hulle die spanne wat as die groot gunstelinge beskou is, maar hulle het in die twee onderste plekke op die puntelys geëindig en ’n baie teleurstellende toernooi gehad.

“Ons was heeltemal té wisselvallig,” gee De Villiers toe. “Ons het die heeltyd koud en dan warm gewaai en kon net nooit behoorlik aan die gang kom nie. Die spanne wat bo klaargemaak het, was juis dié wat bestendig kon wees en vier of vyf goeie seges in ’n ry kon inryg.”

Wat die toernooi as ’n geheel betref, sê De Villiers hy het dit genotvol gevind en hoewel daar sekere dinge is wat uitgestryk moet word vir die toekoms, was dit veral wonderlike blootstelling vir die jong spelers en die ervaring wat hulle opgedoen het, kan geen geld ter wêreld koop nie.

“Die grondslag vir van hulle om suksesvolle loopbane te hê, is nou gelê. Ek glo ook in die toekoms sal meer van die voorste internasionale spelers hier wil kom speel en sal die toernooi se profiel groei.”

De Villiers het sy beste vir laaste gelos en ’n onoorwonne 93 lopies van 52 balle geslaan, met 11 viere en vier sesse. Hy het egter sy beurt, waar hy op 22 vanaf ’n foutbal geboul is en kon voortkolf, as morsig beskryf en erken hy was baie gelukkig om sy hoogste T20-telling nóg in Centurion te kon behaal.

Sy groot vriend en die Heat se kaptein, Albie Morkel, wat die wedstryd vir sy span help wen het met ’n onoorwonne 57 van net 28 balle met vier viere en vyf sesse, het self ook voordeel getrek uit ’n foutbal waarmee hy vroeër in sy beurt “uitgehaal” is.

“Dit wys jou maar net hoe onvoorspelbaar krieket kan wees. Dit was wonderlik om van 20/4 te kon herstel en seëvier. Dit gebeur nie sommer nie en dit was juis ons probleem in die toernooi dat ons té veel kere 40/4 was en só wen jy nie baie wedstryde nie. Die atmosfeer in die kleedkamer ná hierdie wedstryd was asof ons die toernooi gewen het,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%