Mynwese in Afrika bespreek

Lede van die Afrika-unie en kamers van mynwese het in Windhoek byeengekom om aandag aan verskeie kwessies te gee.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Afrika-unie (AU) se simposium vir kamers van mynwese en ander mynbouverenigings van die vasteland is verlede week by die Safari Court-konferensiesentrum in Windhoek gehou.

Die byeenkoms, gereël in vennoot­skap met die Afrika-sentrum vir mineraalontwikkeling (AMDC), het byna nie plaasgevind nie nadat dit eers in 2016 en toe weer verlede maand uitgestel is.

Die jongste oponthoud was die verkryging van visums vir deelnemers sonder diplomatieke paspoorte. Dit is op die nippertjie met behulp van die ministerie van binnelandse sake opgelos, het mnr. Vetson Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese, gesê.

By die amptelike opening van die geleentheid Donderdagoggend het die AU se kommissaris van handel en nywerheid, mnr. Albert Muchanga, gesê die verhouding tussen die mynbouwese en die regering van Namibië moet geprys word. “In 'n aantal Afrikalande praat die kamer van mynwese nie eens met die regering nie. Ek is verheug omdat dit nie die geval in Namibië is nie.”

Hy sê wantroue tussen 'n land se regering en sy kamer van mynwese lei tot die aanvaarding van wette sonder konsultasie, terwyl die sleutel tot sukses inklusiwiteit is. “Kom ons maak die deur oop en laat hulle in,” het hy gesê.

Muchanga het deelnemers herinner dat die doel van die simposium is om die beknopte opsomming van die Afrika Mynbou Visie na die private sektor te bring.

“Ek sal dit waardeer as die private sektor die dokument noukeurig bestudeer omdat vordering gemaak word wanneer gesprek gevoer word. As daar tekortkominge is, lig dit uit,” sê hy. Die opsomming is aan die begin van 2016 tydens die jaarlikse Mynbou Indaba in Kaapstad saamgestel, en is 'n ooreenkoms tussen mynboumaat­skappye en betrokke regerings om die visie te bewaarheid.

Die visie se doel is om die huidige prentjie van mynbou in Afrika te verander. Volgens Muchanga is dit tyd vir 'n meer inklusiewe mynbouland­skap waarby inwoners van Afrika­lande meer sal baat.

'n Voorbeeld was die teenwoor­digheid aan die hooftafel by die openingseremonie van me. Melody Kweba, die president van die Vereniging van Afrika-vroue in Mynbou (Awima). Volgens Kweba beoog die vereniging om in meer lande met soortgelyke organisasies saam te werk. Hulle soek ook meer hulp van die nywerheid en regerings om opleiding en ondersteuning asook die bou van kapasiteit vir vroue in mynbou te vergemaklik.

Die Namibiese minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, het tydens die geleentheid klem gelê op die belang van mynbou in die land se ekonomie. Hy sê dit dra tot 12 persent van die land se bruto binnelandse produk by en vorder meer as die helfte van Namibië se buitelandse valuta in.

Mynbou is 'n groot werkverskaffer in Namibië en dra grootliks by tot die regering se inkomste. Volgens die minister sien die regering mynbou as 'n leidende nywerheid waar veranderinge plaasvind wat die algehele prentjie in die land kan verander.

Tans word die struktuur van eienaarskap en bestuur by myne landswyd asook in raadsale waar besluite geneem word, deur wit mans oorheers, het Kandjoze gesê.

Ook wat betref aankope vir die nywerheid, is die verspreiding van geleenthede ongelyk, met die meeste topposte wat deur manlike, wit uitgewekenes gevul word, het hy gesê. “Wie beklee die topposisies? Afrika slaap al lank wat die praktyke betref.”

Volgens Kandjoze spruit al die geleenthede van mynbou uit die lisensies wat die regering toeken. Dus het die regering die reg om deel te wees van elke aspek van enige myn, van begin tot einde.

“Die teenwoordigheid van minerale skep vele geleenthede om werkloosheid en armoede te beveg. Die regering moet by die hele waardeketting betrokke wees. Die lisensies regverdig die regering se plek aan die tafel,” het Kandjoze gesê.

Die simposium het Saterdag ten einde geloop.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%