Mynwerkers: Leierskaptwis verskerp
Mynwerkers: Leierskaptwis verskerp

Mynwerkers: Leierskaptwis verskerp

Die vakbond het al sedert 2016 nie 'n wettige president, wat oor die toepaslike magte beskik nie.
Augetto Graig
font face="Verdana" >



Augetto Graig - Die Mynwerkervakbond van Namibië (MUN) het gister (31 Januarie 2019) die uitkoms van hul nasionale uitvoerende komitee (NEC) se vergadering van Vrydag 25 Januarie bekend gemaak.

Dít is gister deur mnr. Ebben Zarondo, die MUN se sekretaris-generaal, by die vakbond se hoofkantoor in Katutura aangekondig.

Mnr. Allen Kalumbu is as die vakbond se nuwe waarnemende president aangewys.

Volgens Zarondo is die vakbond se vorige waarnemende president, mnr. Desley Somseb, ná ’n mosie van wantroue terug na sy oorspronklike pos as visepresident geskuif.

Somseb het ná mnr. Raimo Hausiku, die voormalige president, in 2016 in ’n motorongeluk gesterf het, die waarnemende pos volgestaan, het Zarondo gesê.

Volgens hom is die aanstelling van die president, in ooreenstemming met die vakbond se grondwet, ’n funksie van die NEC.

Hy dring ook daarop aan dat slegs die vakbond se nasionale kongres ’n wettige president kan aanstel, wat na verwagting eers in November 2020 sal plaasvind.

Somseb het gesê hoewel hy die brief met inligting oor dié verwikkelinge ontvang het, was hy weens ’n sterfte in die familie nie self by die NEC-vergadering teenwoordig nie.

Hy vermoed die komitee se besluit is meer polities as administratief.

“Ek is nie verbaas nie. Daar was ’n vorige poging laas jaar Junie. Dit word deur faksies gedryf,” het hy gesê.

Sy standpunt is: “Ek is in ooreenstemming met die vakbond se grondwet deur die kongres aangestel.

“Daar word vir daai poste gestem. Dit is nie net van aanstel nie.”

Somseb het regsadvies ingewin oor die grondwetlikheid van die poging om hom te vervang.

Hy het gesê hy sal daarná ’n amptelike verklaring uitreik.

Intussen het Kalumbu in sy aanvaardingstoespraak genoem hy het 12 jaar by die vakbond deurgebring en van voetsoolvlak af tot by die nasionale uitvoerende komitee gevorder.

“My doelwitte sal nie van die doelwitte van die Mynwerkersunie van Namibië verskil, soos in sy grondwet neergelê is nie. Saam met die MUN se nasionale leierskap sal ons ’n goeie verhouding met die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), en ons ander sustervakbonde, opbou om die beweging te versterk en om die werkersklas voortdurend te beskerm,” sê hy.

By dieselfde geleentheid is bevestig me. Saara Kandapo, adjunktesourier, het volledige tekenregte omdat die waarnemende nasionale tesourier in die buiteland is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!