Mynkleims sluk Okongava in
Mynkleims sluk Okongava in

Mynkleims sluk Okongava in

Die grondminister sê die plaas is nooit aan die Tsoaxudaman- tradisionele owerheid oorhandig nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die oorblywende 15 160 ha van deel A van die plaas Okongava no 72 in die Erongostreek word deur mynmaatskappye beset.

Mnr. Utoni Nujoma, minister van grondhervorming, het dít Donderdag in die parlement erken.

Volgens hom het die Advieskommissie vir Grondhervorming (LRAC) 'n aanbeveling van Erongo se hervestigingskomitee vir die opstel van 'n uitgebreide grondgebruikplan aanvaar.

Dié plan oormerk sekere sones vir mynboubedrywighede en voorgenome boerdery-aktiwiteite.

Hoewel die plan in Januarie eers aanvaar is, het mynboubedrywighede reeds op die plaas afgeskop.

Nujoma het gesê kennisgewing is in Desember 2014 ontvang dat die Tsoaxudaman- tradisionele owerheid onder hoofman Jonathan Neumbo eienaarskap van die plaas geneem het.

Die minister het gesê ondersoeke en beraadslaging met Neumbo in 2015 het getoon die Tsoaxudaman- tradisionele owerheid het 'n geskrewe ooreenkoms aangegaan met 'n venoot­skap tussen Bescheer Investment CC en Bohale Investment CC, wat in Februarie 2015 onderteken is.

Dié ooreenkoms was vir die bou van 'n pad om graniet en marmer op die plaas te verken.

Hierná het dit onder die ministerie se aandag gekom verskeie mynmaatskappye is met mynbedrywighede op die plaas besig, het die minister gesê.

Een van die mynmaatskappye is die Kanadese Desert Lion Energy (Pty.) Ltd, wat volgens Nujoma die aktiefste op die plaas is.

'n Namibiese maatskappy, !Huni-/Urib Investments, het 20% se aandele in Desert Lion.

Nujoma se neef, mnr. Thomas Mushimba, is 'n aandeelhouer en die direkteur van !Huni-/Urib, en is ook op Desert Lion se Namibiese bestuurspan.

Desert Lion myn litium by die ou Rubicon-myn en het dit reeds na China begin uitvoer.

Nujoma het verlede week gesê die suiwer Namibiese maatskappy Gecko Limestone het by die ministerie aansoek om goedkeuring van die myn van kalksteen op die plaas gedoen.

Vier entiteite het eksklusiewe prospekteerlisensies (EPL'e), waarvan twee mynlisensies het en ses mynregte op Okongava.

Bohale Investments CC, Desert Lion, Navachab-goudmyn en Ngendahala A.K. Frans Indonga is die vier maatskappye met EPL'e.

Bohale en Desert Lion het ook mynlisensies. Twee van die ses mynboukleims is aan Jan George JNR Enslin en Gecko Limestone toegeken.

Johannes Shikwambi en Megameno Angula het een kleim, en die res behoort aan onderskeidelik Ebson Gamxamub en Claus Gertze.

Nujoma het gesê opsigters wat as veiligheidspersoneel op die plaas ontplooi is het in Junie 2017 onwettige mynbou-aktiwiteite deur BC Drilling CC aangemeld – 'n maatskappy wat oënskynlik nie by die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) geregistreer is nie.



Agtergrond

Die ministerie het die betrokke stuk grond in 2014 teen meer as N$15 miljoen aangeskaf met die doel om die Otjimbingwe- kommunale gebied uit te brei.

Dié beplande uitbreiding het nooit gebeur nie en Nujoma het by herhaling gesê die plaas is nooit aan die Tsoaxudama- tradisionele owerheid toegeken of oorhandig nie.

Hy het gesê dis nie duidelik op wie se instruksie die tradisionele owerheid eienaarskap geneem het nie, omdat geen opdrag deur die ministerie ontvang is nie, en hulle ook nie bewus is van enige korrespondensie wat die inskakeling van die plaas by die Otjimbingwe- kommunale gebied goedkeur nie.

Nujoma het gesê die tradisionele owerheid het in 2015 kampe, of regte sonder die grondministerie of streekkantoor se goedkeuring of kennis op die plaas toegeken, en “ander het eenvoudig plaas toe getrek en die voortslepende droogte as hoofrede vir hul onwettige besetting van die plaas aangevoer”. Volgens die minister is 'n uitsettingsbevel in 2015 en 2018 uitgereik, waarvan dadels gekom het.

Hy't gesê daar is steeds 18 onwettige bewoners op die plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%