Mynbou se leeu brul by Karibib
Mynbou se leeu brul by Karibib

Mynbou se leeu brul by Karibib

Op die dorp het die koms van Desert Lion reeds vir ‘n opwaartse kurwe in die handelsektor gesorg.
Des Erasmus
Des Erasmus - Die Erongostreek het nog ‘n groot myn bygekry.

Amptelike bevestiging van Desert Lion Incorporated, ook bekend as Desert Lion Energy, se koms suid van Karibib is in Toronto in Kanada se Ontario-provinsie gegee.

Die produksie van litium het reeds begin.

Mynbou se “leeu” brul op ‘n terrein met ‘n geskiedenis van twee litiummyne uit die vorige eeu, Rubicon en Helikon. Die konsessiegebied strek oor ‘n gebied van 301 vierkante kilometer. Die produksieaanleg kom op ‘n konsessiegebied sowat 30 km suidoos van Karibib, maar volgens die eerste berigte kan tot drie van die vorige eksplorasiegebiede daarvandaan bedien word.

In die betrokke gebied was die Brownfield-myn van die jare dertig van die vorige eeu tot in 1994 in produksie. In die reeks wat gelewer is, was litium en tantaliet.

Op Karibib het die koms van Desert Lion reeds vir ‘n opwaartse kurwe in die handelsektor gesorg. Terselfdertyd word op die gebied van plaaslike bestuur besin oor behoeftes vir behuising met die bestaande goudmyn aan die buitewyke van die dorp, Navachab, wat reeds ‘n slagaar van die dorpsekonomie is.

Die aankondiging van die koms van Desert Lion Energy volg op onderhandelinge oor die grense van vastelande heen, onder meer Australië, Kanada en Namibië as die houer van dié rykdom van die aarde. Juis die tegnologiese rewolusie het die vraag na litium en waarde daarvan die hoogte laat inskiet.

Desert Lion se wegtrek in Desember was met ‘n voorraadstapel wat deur die vorige mynbouers opgebou is. Sowat 700 000 ton van die opgegaarde erts word nou weggewerk. Teen die tweede helfte van 2019 behoort die produksiefase voortgesit te word met nuwe erts. Die uitvoerende hoof van Desert Lion, mnr. Tim Johnston, sê met die aankondiging breek ‘n nuwe era vir litium aan. Dit is ‘n oorgang van die eksplorasie- en ontwikkelingsfases tot die produksiefase. “Desert Lion is uitstekend geplaas om Namibië se eerste groot litiumprodusent te word.”

Desert Lion se optimisme vir die toekoms rus op vyf pilare van die ekonomie. Met die wegtrek is daar vroeë produksie danksy die historiese agtergrond van die myn. Daar word met hoëgraadse erts gewerk en aanduidinge is dat die ertsreserwe groot is en vlak lê. Dit skep geleenthede vir laekostemynbou in Namibië as ‘n land wat mynbouvriendelik is. Die laaste pilaar is die strategiese ligging van die Desert Lion net sowat 30 km van Karibib en daarvandaan met goeie verbindingsweë na Windhoek en Walvisbaai as uitvoerhawe.

Litium is ‘n element met vele gebruike. Dit is van groot belang vir die vervaardigingsbedryf van vliegtuie en is ‘n belangrike bestanddeel van vele batterye vir die opgaar van krag. Met die groter klem wat op elektronika in die vervaardigingsbedryf van motors geplaas word, gaan die vraag na litium styg. Dit is ook ‘n belangrike bestanddeel van sekere middels wat vir geestesgesondheid gebruik word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!