Mynbou móét verander

Eienaarskap, waardetoevoeging en aankope bly voorop

09 May 2019 | Ministeries
Augetto Graig - Dit is onrealisties vir mynmaatskappye om geen verandering aan wetgewing of belasting vir die volle tydsduur van hul beleggings te verwag nie, het die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, gister in Windhoek tydens die amptelike opening van agste Mynbou Ekspo gesê.

Uit mynboukringe is vooraf opnuut gewaarsku bykomende belastings kan die bedryf se bydrae tot die Namibiese ekonomie knou.

Alweendo het in sy toespraak ook die noodsaak van veranderinge in eienaarskap, plaaslike waardetoevoeging en plaaslike aankope beklemtoon. “Plaaslike eienaarskap is ‘n opregte verwagting,” het die minister benadruk.

Volgens Alweendo het hy begrip vir beleggers se behoefte aan bestendige beleid en wetgewing, “veral wat belasting betref”, maar om vir dekades die status quo te behou, strook nie met werklikhede nie.

Dinsdagaand tydens die Kamer van Mynwese se jaarvergadering het die instelling se president, mnr. Zebra Kasete, gesê die negatiewe gevolge van die beplande opheffing van die belastingvrystelling op tantieme (“royalties”) aan nie-diamantmaatskappye, sal in die lang termyn veel groter as enige voordele wees. Voorgenome verhogings in sekere uitvoerheffings sal volgens Kasete ‘n bykomende verlamming tot gevolg hê.

In 2018 is tantieme van N$2,1 miljard betaal.

Uit 16 mynmaatskappye in Namibië is vyf volgens die minister heeltemal in buitelandse hande. Elf beskik oor plaaslike aandeelhouding, maar buiten vir Namdeb is Namibiese eienaarskap minder as 20%.

Weens finansieringsuitdagings het Alweendo voorgestel plaaslike entrepreneurs moet in groepe saam met die regering span om Namibiese eienaarskap te bevorder. Innovering is vir die minister ‘n sleutel tot hervorming van eienaarskap.

“Ons is nie tans oortuig direkte eienaarskap deur die regering in mynmaatskappye is die beste oplossing vir die probleem van plaaslike eienaarskap nie,” het Alweendo gesê.

Volgens die minister behoort die hersiening van mynbouwetgewing teen die einde van die jaar afgehandel te wees. Hy het die belang van “ernstige en doelgerigte introspeksie” oor die bedryf se toekoms benadruk.

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) behoort in Augustus ‘n strategie vir plaaslike waardetoevoeging na die tafel te bring.

Namibië se afhanklikheid van elektrisiteitsinvoere belemmer volgens die minister mynbou. Die feit dat private opwekkers vanaf September direk krag aan groot verbruikers sal kan lewer, kan volgens Alweendo die prentjie verbeter.

Kasete het ook oor waterverskaffingsprobleme in die Suide en aan die kus gekla, ondanks die feit dat NamWater altyd betyds betaal word.

Mynbou het verlede jaar 14% tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) bygedra en direk werk aan 16 221 mense verskaf asook ‘n bykomende 6 681 persone in diens van kontrakteurs. Belasting op winste het N$1,7 miljard beloop; byna 25% van die totale privaat sektor se bydrae van N$6,9 miljard.

Uit totale aankope van N$22,95 miljard in 2018 is N$13,3 miljard se produkte en dienste volgens Alweendo plaaslik aangeskaf. Die ekonomiese stimulering moet volgens die minister verder uitgebou te word.

‘n Databasis van moontlike plaaslike verskaffers sal volgens plan binne drie maande beskikbaar wees.

‘n Totaal van 88 uitstallers neem aan die ekspo deel, wat tot vandag voortduur en ook oop vir die publiek is.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....