Mylpaal vir Aranos in Pro14

14 February 2020 | Sport
Die Toyota Cheetahs se eerste toerwedstryd môre teen die Ierse klub Leinster sal 'n spesiale geleentheid vir die vaskopstut Aranos Coetzee wees.

Die Namibiese voorryman sal die Vrystaatse franchise in sy 50ste wedstryd in die Guinness Pro14 verteenwoordig.

'n Groot taak staar hulle in Dublin in die gesig, want Leinster het in die huidige reeks reeds 'n string van tien oorwinnings aanmekaar gesit.

Die Cheetahs se afrigter Hawies Fourie glo dat die 31-jarige Coetzee, wie se 24 toetse vir Namibië die laaste twee Wêreldbekertoernooie insluit, 'n sleutelspeler vir die oranje span is.

Fourie wys veral op die kalmte wat Coetzee aan die Cheetahs se vaste fasette besorg, as 'n belangrike faktor wat dié aspek in een van hul aanvalswapens laat ontwikkel het.

“Aranos is een van die beste skrumwerkers in die kompetisie en dit help ons baie. Spanne in die Pro14 gebruik hul skrum om strafskoppe af te dwing en as jou vaskopstut nie op standaard is nie, plaas dit jou onder groot druk.

“Die groot ding vir my is dat Luan (de Bruin, die Cheetahs se ander vaskopstut wat sy 50ste wedstryd twee weke gelede gevier het) se vlak baie naby aan Aranos is.

“Ek dink in die skrum vaar Aranos beter, maar in algemene spel is Luan besonder goed. Die twee vul dus mekaar se spel aan,” meen Fourie.

• Leinster het aanvanklik 16 spelers aan Ierland se Sesnasies-groep afgestaan. Vyf van dié spelers is vir môre se wedstryd teen die Cheetahs beskikbaar. Hulle is Max Deegan (losvoorspeler), Dave Kearney (vleuel), Ronan Kelleher (haker), Luke McGrath (skrumskakel) en Will Connors (flank).

Ruan Pienaar, die Cheetahs se skrumskakel en kaptein, sê: “Ons weet Leinster het 'n groot groep spelers waaruit hulle kan kies. Ons het mos nou al in die verlede gesien dat al het hulle 'n klompie spelers wat Sesnasies-diens doen, kan hulle steeds 'n sterk span kies,” sê.

Hy meen die gehalte van die spelers tot hul beskikking en die manier waarop hulle speel, bly dieselfde.

“Ons verwag 'n gewone Leinster-span, al het hulle spelers aan die nasionale span afgestaan.

Pienaar sal aanstaande naweek 'n tweede keer te staan kom teen sy ou span, Ulster, vir wie hy tussen 2010 en 2017 gespeel het.

Dit sal egter sy eerste wedstryd in die Kingspan-stadion wees sedert sy laaste wedstryd vir dié klub in 2017.

Die Cheetahs se derde toerwedstryd is teen die Dragons in Newport, een van die spanne vir wie hulle al op toer geklop het.

Die Cheetahs kon nog net vier wedstryde oorsee wen en sal met dié toer wil seker maak dat hulle nie weer segeloos terugkeer nie.

Hul eerste wedstryd wanneer hulle terug is in die Rosestad, is op 21 Maart – hoeka teen die einste Leinster.

• Afskoptyd is 16:30, regstreeks op SuperSport 2.

– Netwerk24, SuperSport.com

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

2 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

3 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

3 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

5 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

6 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

17 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

17 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...