Myle teen die pyn

Geen genesing, slegs pynbestuur

12 September 2018 | Gesondheid
Tanja Bause – Geen marathon word net blindelings aangepak nie.

In die geval van mnr. Japie Greyvenstein (43) en me. Bettie du Plessis (65) gaan dit ook nie om dowe neute nie.

Dié twee gaan op 6 Oktober die Hangana-marathon van Swakopmund na Walvisbaai aanpak om geld vir die behandeling en medikasie van bejaardes met osteoartritis in te samel.

Greyvenstein self is vyf jaar gelede met osteoartritis gediagnoseer.

Dié siekte val die gewrigte aan waar spiere en bene verbind is.

“Dit is ’n siekte wat met baie pyn gepaard gaan. Daar is geen genesing daarvoor nie, slegs pynbestuur deur medikasie, oefening en baie strekoefeninge om styfheid te voorkom,” sê hy.

Greyvenstein het vir 22 jaar lank na-uurs fiksheidsklasse by ’n plaaslike gimnasium aangebied. Hy het ook gereeld fiets gery en aan sterkmankompetisies deelgeneem.

In 2008 het hy ’n nekwerwel tydens een van dié kompetisies gebreek.

“Ek het toe ook die kussing tussen my werwels in my laerug geskeur. Ek kon vir ’n jaar lank nie behoorlik loop nie en die trauma in my rug het tot osteoartritis in my heup en rug gelei.”

Greyvenstein kon ook nie meer fiets ry nie en het sokker begin speel.

Twee jaar gelede het hy weer na-uurse fiksheidklasse by sy huis begin aanbied.

Hy het die Lucky Star-marathon van Walvisbaai na Swakopmund reeds nege keer voltooi.

“Omdat dit baie pyn veroorsaak, kon ek nie in die afgelope vyf jaar aan enige marathon deelneem nie. Ek het vir tannie Bettie ontmoet en ons het begin gesels, en die idee om ’n laaste marathon te hardloop, is gebore.

“Dit gaan vir my ’n groot uitdaging wees en baie seer, maar ek sal vasbyt en dit nog een keer doen. As ek as jong man soveel pyn het, hoe moet bejaardes met osteoartritis nie ly nie? Dus gaan ons geld ten bate van hul pynmedikasie insamel en terselfdertyd kan ek my droom verwesenlik om 10 marathons te voltooi,” het hy gesê.

Du Plessis het op 52-jarige ouderdom eers begin hardloop.

“Ek het by ’n stapklub aangesluit. ’n Vriendin het toe besluit om die Lucky Star-marathon te doen en ek het besef ek sal hom nie kan klaarmaak as ek die 21 km wil stap nie – toe begin ek hardloop,” sê sy.

Intussen het sy al talle Lucky Star- en Hangana-marathons aan die kus voltooi.

Du Plessis het die Comrades-marathon al drie keer voltooi, en laas jaar het sy haar tiende Two Oceans-marathon voltooi.

“Dit was my laaste ultramarathon en in Oktober sal ek my laaste 21 km-marathon hardloop. Ek het gedink ek is klaar, maar nadat ek met Japie gesels het en hy my van die fondsinsameling vertel het, het ek besluit om die Hangana-marathon saam met hom te doen. Dit is immers vir ’n baie goeie doel.”

Sedert die ontstaan van die idee om geld vir die bejaardes in te samel byna ’n week gelede is reeds sowat N$10 000 ingesamel, waarvan Greyvenstein N$2 000 bygedra het.

Maatskappye wat by dié projek betrokke wil raak se logo’s sal op beide Greyvenstein en Du Plessis se hemde geborduur word.

“Enige bedrag, hoe klein ook al, is welkom en sal ’n groot verskil maak. Mense wat betrokke wil raak, kan my by 081 272 8412 skakel,” het Greyvenstein gesê.

Soortgelyk

 

Vroue, kinders bloei in Namibië

8 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy Diep wonde, gebreekte bene én tande – dís een uit elke vier getroude vroue in Namibië se beserings ná hul mans hulle onsedelik...

Pitt dood gevind

8 ure gelede | Misdaad

Adolf Kaure op Swakopmund - Die lyk van die vermiste mnr. Ivan Pitt (29) is gisteroggend in die motorhuis van die moordhuis op Swakopmund ontdek...

Petrolprys mik vir N$14

8 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh Die prys van brandstof verhoog môre om 00:01 wéér – dié keer met 50 sent per liter vir petrol en 70 sent per...

Weer, Dinsdag 6 November 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Noorde met enkele donderbuie in die Kavango- en Zambezistreek. Elders sal dit sonnig en koel...

Kinders vind pa en dogter se lyke

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Saak van moord en selfmoord word deur die Namibiese polisie ondersoek nadat kinders Vrydag op 'n pa en dogter (3) se...

Drie mense die naweek doodgery

8 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause - ’n Man (25) het Saterdag omstreeks 15:42 in ‘n voertuigongeluk buite Walvisbaai gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voertuig met...

Geingos, Geldof kry MIV/vigs-prys

8 ure gelede | Gebeure

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese presidentsvrou, me. Monica Geingos, is Sondag in Berlyn, Duitsland, saam met die Ierse sanger en politieke aktivis Bob Geldof met...

Getuie hou voet by stuk oor Katrina

8 ure gelede | Howe

Denver KistingDie man wat in Desember 2014 'n ministeriële afvaardiging na Mariental gelei het, mnr. Merrow Thaniseb, het Vrydag voet by stuk gehou oor 'n...

Namibië: Geen gevalle tot dusver van 'demoon-dwelm'

8 ure gelede | Polisie

Francoise SteynbergDie Namibiese polisie het ­bevestig geen gevalle van 'n vreemde dwelmmiddel wat tientalle jongmense en tieners in Pretoria in Suid-Afrika verlede week in die...