My Zone su00ea dankie
My Zone su00ea dankie

My Zone sê dankie

Onderwys
Henriette Lamprecht
My Zone het sy dank betuig teenoor onderwysers en vennote wat bygedra het tot die voortgesette onderrig van meer as 300 000 leerlinge deur middel van die My Zone School-projek van Namibia Media Holdings in samewerking met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en met finansiële steun van Unicef.

Die projek was daarop gerig om te verseker alle kinders vanaf pre-primêr tot graad 7 ontvang gedrukte boekies vir ’n tydperk van agt weke.

Die projek wat op 27 April afgeskop het, het ook kinders tydens die inperking aanlyn betrek (https://www.zoshy.online).

Meer as 5 000 000 werkboeke is in agt tale gedruk en na alle skole in die land versprei. Meer as 300 000 kilometer is afgelê om die boekies gratis by skole af te lewer.

Hiermee saam is die boekies in die daaglikse koerante uit die NMH-stal – Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung – versprei. Dit is ook in The Namibian en New Era versprei.

Die 100% Namibiese projek sou nie moontlik gewees het sonder die insette van meer as 100 onderwysers van die ministerie, sowel as personeel van NMH en Newsprint Namibia nie.

Die projekleiers het die uitdaging aanvaar om 600 000 kinders op ’n daaglikse basis te bereik en is in samewerking met buiten die ministerie met Unicef, AMOS Meerkat Syllabus, NMH en Newsprint Namibia asook Hardap Freight Services aangepak.

Volgens NMH se uitvoerende hoof, mnr. Albe Botha, daag Covid-19 Namibië uit om bo die gepaardgaande uitdagings uit te styg.

“Dit stel ons in staat om saam vir ’n beter Namibië te werk,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!