My kindwees is weg

18 September 2020 | Menings
CHARMY SKRYF:

Julle het dit gevat sonder om my te vra. Julle het dit gevat, terwyl ek warm en veilig was in my huis, met my ma en my suster. Julle was nie veronderstel om hier te wees nie. Ek was veilig, ek het geslaap. Hoekom het julle nie net die geld en selfoon geneem en net gegaan nie, hoekom moes julle my kindwees wegvat? Het julle enige genot gekry, al het het geskree en gesmeek?

Ek is 12 jaar oud. Ek is besig om 'n tiener te word, en in hierdie stadium sukkel ek reeds met die opgekropte gevoelens in my; ek sukkel om te verstaan wat presies met my liggaam gebeur, en julle kom en vat dit sommer net so, my onskuld, my kindwees, my menswees. Lafaards, kon nie eens julle gesigte wys nie, maar was braaf genoeg om dit aan my te doen!

Hulle sê die wiel draai, ek sal gesond word, ek sal eendag 'n mammie word, maar julle? Dit sal julle vir die res van julle patetiese, morsige lewe jaag, karma is niemand se speelmaat nie en ek gaan julle vergewe, dis my goddelikke plig om julle eendag te vergewe, alhoewel die merk in my lyf en in my hart altyd daar sal wees.

Siek pedofiele.

God het 'n manier en Hy sal op Sy tyd met julle afreken. Ek is 'n kind, ek was onskuldig, my mammie sal ophou huil, ons sal aangaan met ons lewe, en eendag sal julle moet verduidelik!

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

15 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

15 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

15 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

15 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

15 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

15 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...