Mvovo twyfel nie in sy vermoë

08 March 2018 | Sport
Tinus van Staden



Spanne wat teen die Haaie speel, kan Lwazi Mvovo in die nr. 15-trui as 'n moontlike swakpunt in hul mondering uitsonder, maar dié Springbok-vleuel het baie vertroue in sy vermoë as 'n heelagter.

Mvovo het op heelagter begin in die Haaie se eerste twee Superrugby-wedstryde van die seisoen. Dit is veral sy vaardighede onder die hoë bal wat onder verdenking is.

“Dit is opwindend om heelagter te speel. Niemand is perfek nie, jy gaan foute maak. Jy moet in jou eie vermoë glo, ek is nie sommer net daar geplaas nie. Die afrigters voel ek kan waarde toevoeg daar,” het Mvovo Dinsdag in Durban gesê.

“Dit is belangrik dat die heelagter leiding neem in die agterste driehoek. Die spanne skop deesdae baie en as hulle sien een vleuel is nie op sy pos nie, kan hulle dit uitbuit. Ek probeer soveel as moontlik met die jong vleuels kommunikeer, en hulle luister,” sê hy.

Met Mvovo op heelagter het die Haaie die indrukwekkende jong vleuels Sbu Nkosi, Makazole Mapimpi en Kobus van Wyk in die eerste twee wedstryde op vleuel gekies.

“Die grootste uitdaging van die skuif was om die rol van 'n heelagter reg te verstaan. Ek sê nie jy raak noodwendig lui op vleuel nie, maar op heelagter is daar geen tyd vir leeglê nie. Op heelagter word al jou vaardighede getoets.”

Dit sal interessant wees om te sien of Mvovo weer met die nr. 15-trui toevertrou word vir Saterdag se wed­stryd op Kingspark teen die Sunwolves. Die jong Curwin Bosch het Dinsdag volstoom saam geoefen en hy kan homself moontlik in die beginspan op heelagter of losskakel bevind.

Die stryd teen die Sunwolves is 'n belangrike een. Die Haaie het Saterdag met 24-24 gelykop teen die Waratahs gespeel en is dus nog segeloos in vanjaar se reeks nadat hulle in die eerste ronde teen die Leeus in Johannesburg vasgeval het.

Ná die Sunwolves-wedstryd vertrek hulle op 'n toer van vier wedstryde na Australasië.

“Ons kan nie dít wat reeds gebeur het, beheer nie. Ons besef ons het nie goed gespeel nie, maar ons moet eenvoudig die naweek ons foute regstel. Die Sunwolves speel aanskoulike rugby; ons kan hulle nie onderskat nie. Verlede jaar moes ons hard veg tot aan die einde. Ons het in die laaste 15 minute 'n paar drieë gedruk om die wedstryd te wen.”

Die Springbok-losvoorspeler Jean-Luc du Preez is weer fiks en het Dinsdag saam met die Haaie geoefen. Hy kan moontlik op die plaasvervangerbank sit. Op haker behoort Franco Marais 'n ruskans te kry. Chiliboy Ralepelle kan homself vir die eerste keer vanjaar in die Haaie se 23-tal bevind.

Die slot Jean Droste kan ook speelkans kry, terwyl daar kommer bestaan oor die stut Thomas du Toit se fiksheid. Hy het sy skouer teen die Waratahs beseer. John-Hubert Meyer kan in sy plek die nr. 3-trui dra. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Mariental-monster kry 105 jaar

3 ure gelede | Howe

Hoërhof-regter Christie Liebenberg het die 34-jarige Gerald Henly Matlata vanoggend lewenslange tronkstraf opgelê vir moord, asook 80 jaar vir bykomende klagte. Dit sluit in twee...

Tienermeisie vermis

4 ure gelede | Polisie

Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert verlede Woensdag vermis. Niita was met haar verdwyning in 'n swart broek en 'n geel t-hemp geklee. Sy is...

Nóg toeriste op grondpaaie beroof

5 ure gelede | Misdaad

Twee toeriste is Sondag onderweg na Sossusvlei deur ‘n groep mans van die pad afgedwing. Volgens hoofinspekteur Daniel Gurirab van die Namibiese polisie in...

Net ál nouer om Rooies

15 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - ’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas die oudlanddros mnr. Rooies Mostert moet vervolg word, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC)...

Brand verwoes 9 kamers op Koedoeberg

15 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht – Die Koedoeberg-gasteplaas se hoofgebou en wat onder meer die ontvangsarea, kombuis, kroeg en lapa gehuisves het, is Woensdagaand in ’n brand verwoes....

Weer vir 18 September 2018

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande word in die noordelike streke verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en baie warm wees,...

Ma en seun vandag weer voor hof

15 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Tienerseun is gistermiddag in die sorg van sy ma vrygelaat.Dít kom nadat dié 45-jarige ma gister op borgtog van N$1 500 vrygelaat is.Ma...

Man van halfmiljoen se items beroof

15 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause Vyf gewapende mans het 'n man by sy huis in die hoofstad beroof en met items ter waarde van 'n halfmiljoen Namibiese dollar...

Walvis vrek ná reddingspoging

15 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - ’n Gestrande jong Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis) is verlede Woensdag in Grosse Bucht by Lüderitz ontdek.Dié voorval is by mnr. JP Roux,...