Mutorwa berei bloudruk vir vervoer voor

Sake verloop al vlotter met die aflewering van noodsaaklike voorrade uit Suid-Afrika.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vervoerminister John Mutorwa lê vanmiddag ’n konsepdokument wat as bloudruk vir gladde vragverkeer tydens Namibië se Covid-19-inperkingstyd sal dien, aan ander belanghebbende ministers vir bespreking voor.

Dit volg ná ’n vergader Woensdagmiddag tussen hom en afgevaardigdes van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), die Walvisbaai-korridorgroep, TransNamib, die sekretariaat van die Trans-Kalahari-korridorgroep, asook mediese beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.

Probleme wat op grondvlak ervaar word is bespreek en oplossings is aan die hand gedoen.

Mnr. Markus van der Merwe, besturende direkteur van Imperial Logistics wat die NLA saam met dié vereniging se sekretaris-generaal, mnr. Harald Schmidt, verteenwoordig het, sê vragverkeer vloei aansienlik gladder as die eerste paar dae nadat die Khomas- en Erongostreek se inperking in werking getree het.

“Aan die praktiese kant gaan dit beter en lorries kom vinniger deur die padblokkades,” sê Van der Merwe.

Die skandering van lorriedrywers by padblokkades en die feit dat mediese personeel nie 24 uur per dag beskikbaar is nie, veroorsaak steeds probleme.

Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het Woensdag by Staatshuis aan joernaliste gesê langafstand-lorriedrywers wat kos- en ander noodvoorrade oorgrens vervoer, moet by grensposte vir Covid-19 geskandeer word en ’n dokument kry waarmee hulle ongehinderd deur padblokkades kan beweeg.

Van der Merwe sê dit is een van die aspekte wat in die dokument uiteengesit sal word.

“Ons is nou in die fase waar al die idees en oplossings in ooreenstemming met die regulasies gedokumeteer word. Minister Mutorwa sal dit môre met die ander ministers belas met ekonomiese aangeleenthede bespreek, sodat dit afgeteken en geïmplementeer kan word,” verduidelik hy.

“Vervoer gaan grootendeels oor ritme, en dit is deur die inperkingsmaatreëls op sy kop gedraai,” sê Van der Merwe.

Intussen verwelkom vervoermaatskappye die daling van N$1,20 per liter in die prys van diesel wat Woensdag in werking getree het. Petrol kos nou N$1,70 per liter goedkoper.

“Die goedkoper brandstof het groot impak op ons koste, want die brandstof-komponent maak omtrent 40% van vervoermaatskappye se uitgawes uit.

“Kontantvloei is in hierdie tyd een van ons groot uitdagings. Ons vaste koste beloop tussen N$50 000 en N$100 000 per vragmotor per maand.”

Van der Merwe sê dit sal baie help as handelsbanke die Bank of Namibia (BoN) se voorstel vir ’n betalingsvakansie vir die terugbetaling van lenings aanvaar.

Schmidt, wat benewens sy betrokkenheid by die NLA ook uitvoerende hoof van die Namibië Oliebedryfvereniging se sekretariaat is, sê die land het genoeg brandstof in voorraad. “Daar het ’n boot met brandstof by Walvisbaai aangekom net voordat die inperkingsmaatreëls in werking getree het. Die aflewering van hierdie brandstof het sonder enige oponthoude verloop.”

Claudia Reiter van Allgemeine Zeitung het Buitepos besoek waar die mediese prosedure aan haar verduidelik is. Alle vragmotorbestuurders se koors word gemeet en hulle moet 'n vraelys oor hulle bewegings van die afgelope dae voltooi - waar hulle vandag kom, waarheen hulle gaan en in watter gesondheidstoestand hulle is.

Ogone Thlage berig uit Ariamsvlei voor die grens vir alle verkeer buiten die vervoer van noodsaaklike goedere gesluit is, het agente die klaring van sowat ses vragmotors in 'n agt ure skof gedoen. Dit het nou afgeneem tot net twee lorries per skof.

Die hoof immigrasiebeampte by die Ariamsvlei-grenspos, me. Petro Hanse, het die afname in verkeer bevestig.

Volgens haar was daar op 26 Maart 212 mense wat die land binnegekom het en 276 wat die land verlaat het. Op 27 Maart het net 75 mense die land binnegekom.

"Die staat van inperking help baie in die stryd teen die coronavirus. Daar is geen (onnodige) oorgrensbeweging nie. Ons laat steeds Namibiërs toe om die land binne te kom, maar nie vir vakansie nie." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!