Musikante weens Covid-19 beboet
Musikante weens Covid-19 beboet

Musikante weens Covid-19 beboet

Polisie bestorm regstreekse aanlyn konsert.
Augetto Graig
Augetto Graig – Altesame 31 mense is Saterdag omstreeks 22:30 by die Funky Lab-nagklub in Windhoek se hoofstraat Onafhanklikheidslaan weens die beweerde oortreding van Covid-19-regulasies vasgetrek.

Die nagklubeienaar, mnr. Thomas Nakashole (34), bekende musikant Sunny Boy (mnr. Pendukeni Shipushu, 36) en mediapersoonlikheid Jossy Joss (Joseph Ailonga) het glo die regulasies oortree dat die bedrywighede van nagklubs nie mag voortgaan nie, asook rakende die koop en verkoop van alkohol en sosiale afstand.

Al die beweerde oortreders is na die Windhoek-polisiekantoor geneem. Die Khomasstreek se polisiehoof, komm. Joseph Shikongo, het bevestig almal is aangekla, maar dié wat onmiddellik die boete van N$2 000 kon betaal, kon daarna huis toe gaan.

Ailonga het Sondagaand met Republikein gepraat, nog moeg nadat hy die middag eers by die polisiestasie klaar is.

Hy sê Shipushu sou gasheer speel vir 'n aanlyn konsert en Ailonga sou 'n gas wees gedurende die regstreekse uitsending. Ander gaste was onder andere die sanger Top Cheri (me. Monica Pinias), DJ Max-T (Mannetjie Tjiundje) en die radioaanbieder me. Helvi Hishekwa.

“Ons was nog besig om te toets. Dit sou om agtuur begin het. Daar was tegniese uitdagings. Kykers kon reeds ons voorbereiding regstreeks sien. Die volle konsert het nooit plaasgevind nie. Die polisie het ingebars. Hulle het gereken daar is te veel mense.

“Die polisie het oor die hek gespring en ingestorm. Die mense het hier en daar probeer koes. Hulle het almal laat toustaan. Ons is vreedsaam agter in die bakkies gelaai,” vertel Ailonga.

Hy sê hy was onbewus van die teenwoordigheid van die meerderheid mense wat in hegtenis geneem is. “Die plek het leeg gelyk, met net verspreide groepies hier en daar.”

Pinias se weergawe stem ooreen. Haar komieklike herbelewenis van die skokvoorval is wyd op sosiale media versprei: “Ja, twaalf mense binne die lokaal waar ek was ... ouens, toe daardie wiwiwiwiwiwi geluide begin, en die ooms en tantes in uniform storm Funky Lab binne, het ek meer as twintig mense van agter gesien aankom.

“Hot ouens, jong meisies, groot meisies en miskien 'n oom of twee. Ek het geen idee gehad enige ander mense kuier daar nie,” skryf sy in Engels.

“My broe, 'n oompie in uniform met 'n krieketkolf loop reguit na my en sê 'TopCheri, jy drink hier?' In hierdie stadium is ek nog koel, want ek het mos net kom werk voor ek sou teruggaan huis toe. Ek het die beampte reguit in die gesig gekyk en gesê: 'Nee meneer, ek drink nie alkohol nie'.

“Teen dié tyd was dit buite 'n sirkus, want dis net wiwiwiwiwiwiwiwi en skrrrrrrrr en polisiekarre wat skreeu, soos in die flieks. My dierbare tante in uniform skreeu 'Arresteer hulle almal, arresteer hulle! Hulle dink hulle is spesiaal. Arresteer hulle!'”

Binne 'n vangwa daar is nie eens vashouplek nie en die karakter agter die stuurwiel het hulle om elke draai bo-oor mekaar laat val, beskryf sy. “Die rêrige drama was by die polisiestasie, maar daaroor sal ek liewer eendag 'n fliek maak. Ek soek gewillige akteurs, want sjoe, ek is gereed.”

Ailonga sê: “Dis belangrik om in ag te neem dit was nie vir ons 'n partytjie nie, maar 'n werksbyeenkoms vir ons kreatiewe werkers. Ons bedryf is erg getref deur die inperking. Foute is begaan en sekere prosedure is nie gevolg nie, maar van die mense wat nou N$2 000 moet betaal, sou dalk skaars N$500 uit dié werkgeleentheid verdien het,” sê hy.

Pinias stem saam van die dansers daar “was jong mans uit die lokasie wat net 'n dollar probeer verdien uit die kuns waarvoor hulle lief is. Selfs vir my was die N$2 000 moeilik om te betaal,” sê sy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30%