Musiek met ’n boodskap
Rodney Seibeb sê die enigste rede hoekom hy musiek maak, is om ander mense beter te laat voel en aan God se genade te herinner. Musiek is in my gene, sê hy.
Die 35-jarige Windhoeker het onlangs sy debuutalbum, Sadu /name, bekend gestel. Dit beteken “Jou Liefde” en Rodney sê dit is juis met die Here se genade dat hy mense met sy stem kan inspireer.
Rodney sing al sedert hy 15 jaar oud is.
“My liefde vir musiek kom van my ma af. Ek het jare in die kerkkoor as tenoor gesing en my ma het my gereeld afgerig en gehelp om my stem te ontwikkel. Musiek het ’n groot rol in my jonger jare gespeel. Ek moes dit verder vat. Dit was vir my lekker om te besef ek beskik wel oor ’n godgewe talent en ek het besef ek moet dit met ander mense deel,” sê hy.
Dit was Steven !Naruseb wat Seibeb se talent eendag raakgesien het, en hom genader het vir ’n moontlike opname in ’n atlejee.
Steven is bekend in Namibië se musiek- en vermaaklikheidskringe en het al verskeie toekennings vir sy musiek ingepalm.
Hy kan vier instrumente speel en is die eiernaar van Welwitchia Music Production.
Rodney sê as dit nie vir Steven was nie, sou sy talent verlore gegaan het.
Tans tree Steven ook as Rodney se bestuurder op.
“Ironies genoeg het die opname van my album presies ’n week geneem. Steven is fantasties. Ek kon nie glo die proses het so glad en vinnig verloop nie. Ek sal hom ewig dankbaar vir sy hulp, ondersteuning en belangstelling in my musiek wees,” het Rodney aan Kollig gesê.
“My boodskap aan die publiek is om die woord van die Here te verkondig. Ek wil mense te motiveer. En die belangrikste vir my is om mense wat moedeloos is, weer te inspireer en te herinner aan hoe groot ons God is,”
Rodney sê Billy Ocean en Celine Dion het hom as jong sanger grotendeels geïnspireer.
“Juanita du Plessis is ook geweldig inspirerend. Sy doen alles in haar vermoë om die Here se naam te verkondig. Ek het groot respek vir haar. My wens is dat meer Namibiërs moet saamstaan om geweld, korrupsie, verkragting en ander kwessies deur middel van musiek te bekamp. Dit is ons verantwoordelikheid. Elke persoon op aarde wil gerespekteer word. Amal wil liefde ervaar. En liefde gee. As ons dit kan uitleef, sal alles in ons land beter gaan. Ek gebruik my stem om hierdie kwessies te verander.”
Dit is danksy talentvolle indivdue soos Rodney dat daar nog hoop in hierdie donker tye is. Luister na sy hartroerende stem op YouTube.
Rodney se album is by Young Ones op Swakopmund beskikbaar, of skakel Rodney by 081 200 1734 of Steven by 081 325 3959.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie