Mushelenga looi stadsraad

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling soek antwoorde by die Windhoekse stadsraad.
Denver Kisting
Denver Kisting - Dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, sê hy het nét die bedryfsbegroting van die Windhoekse stadsraad (CoW) goedgekeur sodat hulle hul bedryfs- en wetlike verpligtinge, soos salarisse, kan nakom.

Voor CoW nie kan bewys hoe hulle die bedryfsverlies van ongeveer N$650 miljoen gaan aanspreek nie, mag hulle geen verdere uitgawes, wat nie kon­traktueel of strafregtelik verlang word, aangaan nie.

CoW se stadsvaders is opnuut in die spervuur sedert dit aan die lig gekom het daar is nie eers genoeg geld om bedryfskoste te delg nie.

In dié stadium is daar geen sprake daarvan dat hy die kapitale begroting sal afteken nie, het Mushelenga eergisteraand aan Republikein gesê.

Mnr. Jerome Davis, CoW se strategiese uitvoerende hoof van finansies, het verlede week onthul in watter troebel water CoW se geldsake is.

Davis het in die lig van onlangse tariefverhogings van tot 300% vir sekere dienste gesê: “Ons kan nie aanhou om dieselfde mense jaar in en uit te kap met aanvullende heffings en tariefverhogings nie. Om in Windhoek te woon, word net al duurder.”

As dringende ingryping nie plaasvind nie, loop Windhoek die gevaar “om op te eindig soos een van ons derdewêreldneefs, soos Lagos. Ons wil nie daar beland nie,” het hy gemaan.

Hy het gesê as die werklikheid uiteindelik die begroting weerspieël, sal CoW met 'n N$0-kontantvloeibegroting sit.

Hulle hoop dat hiervoor vergoed sal word met “die goeie nuus” dat van die uitgawes niekontantitems is, soos waardevermindering en voorsienings, en min of meer gelyk aan die verlies is.

Soos sake tans staan, skuld CoW die regering sowat N$700 miljoen aan lenings, waarvan die helfte opgeloopte rente is.

Dié skuld hoop glo sedert ná onafhanklikwording op.

Die regering weier om die skuld op versoek van CoW af te skryf, sê Davis.

Onderhandelinge is volgens hom in 'n gevorderde stadium om grond in ruil vir die skuld aan te bied. Hoewel dít nie die kontantvloeiprobleme sal uitwis nie, sê Davis dit sal die balansstaat beter laat lyk.

“Dit kan ons posisie by leners verbeter.”

Wat die kapitale begroting betref, sê Davis: “Dit is baie groot, maar dit is tans 'n wenslys omdat die stad nie die geld het nie. As die strategiese hoof van finansies is daar geen manier wat ek die stad sal toelaat om geld te leen wat hy nie kan terugbetaal nie.”

Oor omstredenheid rondom meterlesings vir veral waterverbruik, sê Davis hul rekenaarstelsel is geprogrammeer om 'n deursneelesing van die afgelope 12 maande se verbruik vas te stel.

In die lig daarvan dat handelsbanke tjeks uitfaseer, stel CoW ook nie meer daarin belang nie.

Die stad sit tans met N$2 miljoen se geweierde tjeks, sê Davis.

Om oorbesteding hok te slaan, moet departementshoofde elke maand pa staan vir enige afwykings van hul departementele begroting, het hy voorts gesê.

“Die departementshoofde ry aan die pen.”

Hoewel afleggings van die 3 500 werknemers nog nie deel van hul besparingsplan is nie, is 60% van alle bestaande vakatures gevries, sê hy.



Opposisie braak gal

Dit is 'n skande dat werknemers van CoW salarisverhogings ontvang wat hoër as die inflasiekoers is.

Dít was Dinsdag hoe die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), gal gebraak het.

Volgens mnr. Nico Smit, PDM-LP, is dit geen verrassing dat CoW in soveel finansiële moeilikheid is nie.

Hy sê die gewone man sukkel om te sien wat die voordeel is van “heffings en ander geld wat maandeliks uit hulle gedwing word”.

Volgens die PDM is dié probleme die gevolg van “algehele wanbestuur op die hoogste vlak”.

Smit sê die stad se strate is in 'n skandalige toestand en parke en ontspanningsgeriewe bestaan óf nie, óf word deur haweloses in plaas van kinders bewoon.

Smit sê die PDM was geskok oor die nuus dat die stadsvaders salarisverhogings van tussen 8 en 9% kry, terwyl die mees onlangse inflasiekoers 4% beloop.

Dié nuus is verlede week Davis bekend gemaak.

Davis het gesê Windhoek steier tans onder 'n bedryfsverlies van nagenoeg N$650 miljoen.

Davis was verlede Woensdag die gasspreker by die algemene jaarvergadering van die Windhoek Inwoners- en Belastingbetalersvereniging (WRRS).

Volgens Smit is dit moeilik vir Jan en San Alleman om nie te dink die onlangse tariefverhogings moet help betaal vir dié salarisverhogings nie.

“Al dié verhogings op 'n tyd wanneer die land se ekonomie op sy knieë is en duisende mense werkloos is, móét die stadsbestuurders laat skaam kry dat hulle nie daarin geslaag het om na die belange van die inwoners, wat hul salarisse betaal, om te sien nie,” sê hy.

Volgens die PDM bestee CoW al jare geld wat hy nie het nie “in plaas daarvan om na die mense om te sien uit wie hulle dié buitensporige fooie dwing”.

Smit sê die skuld vir al die gemors moet voor die stadsbestuur se deur geplaas word. Hulle moet óf hul sokkies optrek óf padgee, sê hy.

Me. Lydia Amutenya, munisipale woordvoerder, het Dinsdagmiddag gesê hulle sou nog voor die einde van daardie dag op die PDM se uitlatings antwoord. Teen gister was hulle nog tjoepstil.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%