Munisipaliteit verslap waterbeperkings
Inwoners van die hoofstad is nie meer aan die streng beperkings vir watergebruik onderwerp wat tydens die droogte gegeld het nie.
Ronelle Rademeyer - Die streng waterbeperkings wat sedert 1 Desember 2015 in Windhoek geld, is Donderdag deur die munisipaliteit verslap.
Pleks van die Kategorie E-beperkings wat tydens die waterkrisis van krag was, sal Kategorie B-maatreëls vir die res van 2017 en 2018 geld. Dit is ’n kerf bo die normale vlak en dien as ’n waarskuwing dat verbruikers 5% minder water as normaalweg moet gebruik.
Danksy die goeie invloei na Namibië se sentrale damme gedurende die reënseisoen het die kritieke waternood in Windhoek afgeneem, sê die munisipaliteit in ’n kennisgewing. Dit het meegebring dat NamWater die vooruitskouing vir watervoorsiening in 2017 en 2018 aangepas het.
Die Von Bachdam was op 29 Mei vanjaar 63,1% vol, die Swakoppoortdam 50,9% en die Omatakodam 43,7%. Dit beteken dié drie opgaardamme, wat water aan die hoofstad en ander dorpe in Sentraal-Namibië voorsien, is nou gesamentlik 52,6% vol teenoor die 10,4% van die vorige seisoen.
“As deel van Stad Windhoek se strewe om sy interne prosedures vir beter dienslewering aan te pas, volg die munisipaliteit nou ’n nuwe, geïntegreerde benadering in terme van die algemene waterbestuurplan van die stad,” lui ’n openbare kennisgewing wat deur die munisipaliteit uitgereik is.
Dit beteken die stad het na aanleiding van NamWater se vooruitskouing die 2015-reaksieplan opgehef en vervang met die 2017-waterbestuurplan.
Laasgenoemde plan volg ’n holistiese benadering ingevolge waarvan die bestuur van waterbronne ’n voortgesette inisiatief is en nie net iets waarop daar tydens droogtes teruggeval word nie, sê die munisipaliteit.
“Met die verslapping van die besparingsmaatreëls kan die verbruiker nou die voordeel geniet van die voller damme, eerder as wat die water verdamp omdat die verbruiker onderwerp word aan streng beparings,” lui die kennisgewing.
Die munisipaliteit gee egter die versekering dat die waterbronne steeds oordeelkundig bestuur en die akwifer hervul sal word. In dieselfde asem word inwoners gemaan om steeds hul waterverbruik só te bestuur dat hulle 5% minder as normaalweg gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie