Munisipaliteit staak NamPost-, MobiPay-betalings
Munisipaliteit staak NamPost-, MobiPay-betalings

Munisipaliteit staak NamPost-, MobiPay-betalings

Augetto Graig
Augetto Graig - Windhoek se munisipaliteit se kontrakte met MobiPay en NamPost vir die betaling van munispale rekeninge het verstryk.

Die ooreenkoms om munisipale rekeninge deur MobiPay te betaal, het reeds op 31 Julie verval.

NamPost behartig sedert 30 September ook nie meer die betaling van dié rekeninge nie.

Die munisipaliteit beplan om binnekort nuwe tenders vir soortgelyke dienste te adverteer.

Volgens mnr. Scheifert Shigwedha, munisipale woordvoerder, kan inwoners van die hoofstad steeds van direkte deposito's, elektroniese oorplasings en debietorders gebruik maak.

Andersins kan rekeninge ook by die munisipaliteit se betaalsale vereffen word.

Volgens Shigwedha is sperdatums vir betaling eers die 15de van die maand om mense kans te gee om lang rye te vermy.

Hy het voorts gesê dit behoort egter selfs dan slegs 30 minute te neem om te betaal.

"Die meeste burgers wag minder as 20 minute vir diens," het Shigwedha gesê.

Hy het verseker die huidige situasie is slegs tydelik.

Vir direkte betalings is die munisipaliteit se bankbesonderhede as volg: FNB, Windhoek Corporate Suite, reknr. 55500033613, takkode 281872.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!