Munisipaliteit gaan Nubuamis help skoonmaak
Plaaslike owerhede beloof om in te gryp waar doeke, blikke en bottels plotte langs ’n rivier besoedel.
Tanja Bause – Die munisipaliteit van Windhoek het gereageer op die kwessie van die rommelbesmette rivier wat deur die Nubuamis-plotte buite Windhoek loop en die omgewing besoedel.
Hulle het beloof die saak sal aandag geniet en dat hulle in Februarie ’n dag opsy sal sit om te help om van die rommel ontslae te raak.
“Die stad se afvalbestuurspan het ondersoek gaan instel en tot die gevolgtrekking gekom die rommel kom wel van die informele nedersetting af,” het mnr. Scheifert Shigwedha, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.
Volgens hom is die bestuur van die afval in dié gebiede afhanklik van die beskikbaarheid van hulpbronne.
“Onwettige storting is algemeen en benodig 'n professionele benadering tot afvalbestuur in die gebied voor dit skoongemaak kan word.
Hepatitis E
“Die hele informele nedersetting is vuil en ons moet prioritiseer, veral nou met die uitbreek van hepatitis E, om die geaffekteerde gebiede binne die beperkte beskikbaarheid van hulpbronne te hanteer,” het Shigwedha gesê.
Volgens hom het die span die hele rivier en geaffekteerde gebied gaan besoek en sal hulle tyd aan die burgemeester se beplande skoonmaak-aksie afstaan.
Daarna sal die hele rivier van die informele nedersetting tot by die geraakte plotte aangepak word.
“Die rommel moet deur wykkontrakteurs verwyder word. Die rivier moet by elke toegangspunt skoongemaak word. Die gemeenskap moet ook oor rommelhantering ingelig en opgevoed word. Die stortingsterrein moet bestudeer word om te bepaal hoeveel rommel daarvandaan kom wanneer die rivier afkom,” het Shigwedha gesê.
Die kleinerige rivier loop deur verskillende plotte by Nubuamis.
Ruim self op
Dit het op 12 Januarie vir die eerste keer gevloei en die omgewing met vullis soos plastiekbottels, skoene, babadoeke, blikke, bottels ensovoorts besaai.
Vier gronddamme op verskillende plotte, asook die rivierloop en omgewing, is toe onder die rommel.
Ploteienaars is tans, soos in die verlede, besig om met die hulp van hul werkers die gemors self op te ruim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie