Munisipale hoë hof toe oor dienskontrak
'Amptenare verstaan nie altyd die wette wat hulle moet toepas nie.'
Elvira Hattingh - Mnr. Edward Ganaseb, geskorste uitvoerende hoof van Omaruru se munisipaliteit, oorweeg om die stadsraad arbeidshof toe te sleep.
Dit na hy geen reaksie op sy prokureursbrief van 30 Januarie gekry het nie.
Ganaseb beweer die wet op plaaslike owerhede is verontagsaam toe die stadsraad in Desember verlede jaar besluit het sy vyfjaar- dienskontrak, wat op 8 Mei verstryk, sal nie hernu word nie.
Boonop sê hy dit is teenstrydig met die wet dat sy pos intussen reeds geadverteer is.
Volgens 'n prokureursbrief deur Ganaseb se regsverteenwoordigers, Murorua Kurtz Kasper Incorporated (MKK), is hy op 12 Desember genooi om te sê of hy sy dienskontrak wil hernu.
Die brief is aan me. Hendrina Gebhardt geadresseer. Sy is die voorsitter van die raad en Omaruru se burgemeester.
MKK sê verder in die brief dat Ganaseb toe verwittig is dat die stadsraad reeds op 2 Desember besluit het om sy dienskontrak op te skort.
Hulle beweer daar is nie in goeder trou teenoor hul kliënt opgetree nie.
Ganaseb het ook glo nooit die munisipaliteit se briewe ontvang nie en die vergadering van 22 Desember kon nie plaasvind nie, omdat die stadsraad toe reeds op reses was.
Die brief sê voorts die stadsraad het hulle ook nie aan die tydsraamwerk vir die heraanstellingsproses gesteur nie.
Mnr. Otniel Podewiltz, Ganaseb se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan Republikein gesê hy moet nog instruksies van sy kliënt ontvang, maar hulle gaan moontlik 'n dringende aansoek by die arbeidshof indien.
“Ons het geen reaksie gekry op ons versoek dat die stadsraad teen 3 Februarie moet reageer nie, maar hulle sal iets moet sê. Ons glo dat ons kliënt 'n sterk saak het,” het Podewiltz gesê.
Podewiltz het verder gesê sy kliënt glo politieke oorwegings het daartoe gelei dat hy nie heraangestel word nie.
“Ons ervaring is dat amptenare nie altyd die wet verstaan wat hulle self moet toepas nie,” het hy gesê.
Maar die Omaruru-munisipaliteit se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Elifas Amunyela, het Dinsdag gesê Ganaseb het geweier om die briewe te aanvaar wat deur 'n boodskapper van die hof aan hom afgelewer is.
“Hy het verkies dat sy regsverteenwoordiger die briewe ontvang.
“Dit is ook nie waar dat die vergadering van 22 Desember nie kon plaasvind nie - die vergadering is reeds op 2 Desember gehou. Ons het die volste vertroue dat die regte proses gevolg is,” het Amunyela gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie