MUN soek begunstigdes
MUN soek begunstigdes

MUN soek begunstigdes

Die Mynwerkersunie van Namibië se beleggingsarm NAMit het honderde miljoen om uit te deel.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die nasionale mynwerkersvakbond soek begunstigdes wat uit honderde miljoene in sy beleggingskassie moet baat.

Die president van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN), mnr. Allen Kaulumbu, doen 'n beroep op huidige en vorige vakbondlede, asook hul kinders indien oudlede reeds dood is, om te verseker hulle registreer by die Namibië Mynwerkers Beleggingstrust (NAMiT) om uit dié trustfonds se N$547,8 miljoen te kan voordeel trek.

NAMiT is die vakbond se beleggingsarm en aandeelhouers van Nam-Mic, wat verskeie beleggings bestuur om winste vir die vakbond in te samel.

Kaulumbu sê begunstigdes sal veral hulp met opleiding en heropleiding ontvang. Moontlike begunstigdes moet 'n teksboodskap na 30202 SMS, met 'BEN' vir registrasie, of 'INFO' vir meer inligting. Registrasievorms is ook by MUN se kantore of by kiesafdelings se kantore landswyd beskikbaar.

NAMiT bestaan reeds sedert 1997, maar volgens die projekbestuurder, mnr. Johannes Ndeutepo, is dit eers in die laaste vier tot vyf jaar dat noemenswaardige dividende na die trust vanaf Nam-Mic vloei.

Ndeutepo sê die trust is aanvank­lik met net N$600 000 begin en moes skuld aangaan om aandele in verskeie winsgewende ondernemings te bekom.

Dié skuld moes eers afbetaal word, terwyl die lang proses van registrasie van die vertrouensakte by die Meester van die Hooggeregshof ook uiteindelik afgehandel is.

Die registrasieprojek van begunstigdes is op Maandag 27 Julie by die MUN se hoofkantoor in Windhoek bekendgestel, om 'n databasis te skep waarmee voordele vir lede vasgestel sal word.

Ndeutepo sê hy verwag om nie minder nie as 200 000 begunstigdes te registreer. Hy sê MUN se eie lidlyste sal slegs vir verifikasie gebruik word, aangesien dit nie elektronies gehou word nie.

Nog 'n aanvanklike projek is die skepping van 'n fonds vir spesiale doeleindes, om voordele direk aan begunstigdes te betaal. Die MUN voorsien lede reeds met begrafnisdekking en help dek koste van opleiding gebied deur die Instituut vir Arbeidsbronne en -navorsing (LaRRi).

Begunstigdes van NAMit sal hulp kan kry om gemeenskapsprojekte aan te pak, om eie winsgewende ondernemings te vestig, asook vir gesondheid-, opleiding- en behuisingsdoeleindes.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!