MultiChoice kyk na R2,5 mjd. as eerste dividend
Elvira Wood - MultiChoice hoop om in 2020 R2,5 miljard as eerste dividend aan beleggers te betaal.
Naspers het in September aangekondig hy gaan MultiChoice ontbondel waarna dit apart op die JSE genoteer gaan word.
Luidens 'n verklaring wat Naspers Maandag laatmiddag op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer het nadat die markte gesluit het, gaan MultiChoice op 27 Februarie op die JSE noteer.
MultiChoice sê Maandag in 'n verklaring hy gaan nie 'n dividend vir 2019 betaal nie. Die maatskappy noteer kort voor die einde van sy boekjaar.
Naspers gaan sy aandele in MultiChoice aan sy aandeelhouers ontbondel.
Geen kapitaal gaan ingevorder word deur nuwe aandele uit te reik nie.
“Naspers sal op Vrydag 1 Maart om 17:00 438 837 468 MultiChoice-aandele aan Naspers-aandeelhouers oordra,” lui die verklaring.
MultiChoice sal op die hoofbord van die JSE onder die afdeling “uitsaai en vermaak” noteer.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie