Muharukua se laaste wens geu00eber
Muharukua se laaste wens geu00eber

Muharukua se laaste wens geëer

NAMPA
President Hage Geingob het die afgelope Vrydag ingegryp in die geskil tussen familielede van wyle me. Angelika Muharukua, voormalige goewerneur van die Kunenestreek.

Hy het aanbeveel sy word op Opuwo begrawe, in plaas van by die Heldeakker in Windhoek. Dié ingryping kom ná ’n geskil tussen twee familiegroepe. Die een groep eis dat sy by die Heldeakker begrawe word en die ander dat sy langs haar oupa in die Okozongondjoza-nedersetting begrawe word.

Die geskil het ook veroorsaak dat haar gedenkdiens, wat op 11 Oktober in die Okatjetje-nedersetting sowat 10 km buite Opuwo moes plaasvind, uitgestel is. Die president se boodskap is Vrydag tydens ’n familiebyeenkoms deur die voorsitter van die Kunenestreeksraad, mnr. Julius Kaujova, oorgedra.

“Die president respekteer kultuur en die oudstes van die oorledene se familie - vandaar sy raad dat sy, volgens haar wense, in die Okozongondjoza-nedersetting langs haar oupa begrawe word,” het Kaujova gesê.

Hy het gesê die familie het ingestem en Woensdag sal ’n gedenkdiens in die parlementstuine in Windhoek gehou word. Donderdag sal die kis na die Oktajetje-nedersetting in die Kunenestreek gevlieg word, Vrydag sal dit na die Newman Katuta-stadion op Opuwo geneem word vir ’n gedenkdiens en Saterdag sal sy langs haar oupa ter ruste gelê word.

Muharukua het op 1 Oktober by haar huis in Hochland Park in Windhoek vermoedelik aan ’n hartaanval gesterf. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!