Mugabe verhuur onteiende grond
Mugabe verhuur onteiende grond

Mugabe verhuur onteiende grond

Oudpres. Robert Mugabe het hom nie aan die reëls wat hy vir ander gemaak het, gesteur nie en grond aan wit sakemanne verhuur.
Robert Mugabe, voormalige Zimbabwiese president, en sy vrou, Grace, het grond aan wit sakemanne verhuur hoewel hy ander mense wat dieselfde wou doen, veroordeel het.

Mugabe het 414 ha wat sy regering jare gelede op omstrede wyse van Interfresh Holdings Limited se Mazoe-sitrusplaas onteien het, aan die sakeman Hamish Rudland verhuur, berig die Zimbabwe Independent.

Rudland is 'n aandeelhouer van CFI Holdings, 'n maatskappy met wit aandeelhouers.

Mugabe het Rudland uitgenooi om 'n gesamentlike boerdery te bedryf waarvan Mugabe 5% van die omset kry, nadat Mugabe glo gesukkel het om die grond behoorlik te benut.

Rudland sê Mugabe het hulle deur middel van tussengangers genader, toe hy nog president was, en gesê dat hy beïndruk is met die manier waarop die maatskappy 'n ander plaas, Glenara, naby Harare bedryf.

“Dit is 'n suiwer kommersiële transaksie van ons kant af, niks anders nie. Ons was en is steeds nie betrokke by die politiek nie, want ons is sakemense en beleggers,” sê Rudland.

The Zimbabwean berig dat dit teenstrydigheid is met wat Mugabe altyd ten tyde van byeenkomste gesê het toe hy mense aangeval en daarvan beskuldig het dat hulle grond aan wit boere verhuur en so die vordering van die grondhervormingsprogram benadeel.

Die voormalige president en sy ­familielede besit na bewering 15 809 ha grond in Zimbabwe.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!