Mugabe sal staatshoof bly - 'selfs in graf'
Mugabe sal staatshoof bly - 'selfs in graf'

Mugabe sal staatshoof bly - 'selfs in graf'

Die vrou van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het opnuut herhaal hy sal ná sy dood aanhou regeer.
Ronelle Rademeyer
Grace Mugabe, Zimbabwe se presidentsvrou, sê as haar 92-jarige man te sterwe sou kom, sal sy regerende party, Zanu-PF, “sy lyk gebruik om aan 'n nasionale verkiesing deel te neem”.

Luidens berigte het sy in 'n toespraak gesê Robert Mugabe sal aan die volgende verkiesing deelneem, selfs al is hy reeds dood.

“As Mugabe sterf, sal ons sy lyk as kandidaat in die verkiesing inspan om te wys hoe lief die mense van Zimbabwe vir hom is,” sê sy.

Dis nie die eerste keer dat die vrou van die bejaarde staatshoof gesê het hy sal selfs vanuit sy graf die land regeer nie.

In Mei verlede jaar het sy aan duisende Mugabe-ondersteuners in 'n optog gesê haar man sal die staatshoof bly, selfs “al is hy in die graf”.

“Hy is eenvoudig onvervangbaar,” het sy bygevoeg.

Die dagblad The Herald het die presidentsvrou Vrydag aangehaal toe sy gesê het Mugabe sal “sy leierskap voortsit, selfs vanuit die Nasionale Heldeakker waar hy te ruste gelê sal word”. Die heldeakker is waar staatsbegrafnisse gehou word.

Ontleders het Grace Mugabe se uitsprake vertolk as 'n daadwerklike poging om haar man as staatshoof op te volg. Sy het verlede jaar aangedui sy is reeds “president” van Zimbabwe en sy “beplan en beheer als” saam met haar man.

Die uitsprake kom ook terwyl daar glo onderling groot struwelinge in Zanu-PF-geledere is oor wie eendag die staatshoof as president gaan opvolg.

-Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!