Mugabe sê nee dankie vir klein partytjie
Oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe het glo 'n klein verjaardagpartytjie, wat deur die Zanu-PF se jeugliga georganiseer is, van die hand gewys.
Volgens NewsDay het Mugabe, wat Woensdag 94 jaar oud geword het, verkies om die dag saam met sy naaste familielede te vier.
Die jeugliga het vroeër verlede week aangedui dat Mugabe se 94ste verjaardag 'n beskeie geleentheid sal wees, terwyl sy verjaardagvieringe die afgelope dekades berug was vir uitspattigheid.
Die honderdduisende dollars wat jaarliks daarop bestee is, het woede ontlok weens Zimbabwe se benarde ekonomiese situasie.
Pupurai Togarepi, leier van die jeugliga, het verlede maand gesê dat die Zanu-PF sal voortgaan om Mugabe te eer, ook gegewe dat 21 Februarie tot 'n nasionale vakansiedag verklaar is. “As die jeug gaan ons ook liefdadigheidswerk begin en tyd saam met die voormalige president deurbring,” het Togarepi gesê.
“Ons wil saam met hom koek eet. Anders as in die verlede, sal dit wel 'n klein geleentheid wees.”
NewsDay het bronne aangehaal wat gesê het dat Mugabe nie belang gestel het in die klein geselligheid nie.
“Hy wil by sy familie en diegene wees wat hom werklik liefhet, en nie by mense wat sy naam vir politieke gewin wil misbruik nie,” het 'n nabye familielid gesê.
As president het Mugabe op sy verjaardag die mense toegespreek, 'n reusagtige koek gesny, en was hy meestal geklee in 'n baadjie gemaak van gedrukte materiaal waarop sy gesig gepryk het.
– Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie