Msika nuwe PS van landbou-ministerie
Nadat die posisie van permanente-sekretaris in die ministerie van landbou, water en bosbou vir 18 maande vakant was, is mnr. Percy Msika vandeesweek formeel deur minister John Mutorwa verwelkom.
Die man wat voortaan die leisels as permanente sekretaris van landbou, water en bosbou sal neem, mnr. Percy Msika, is geen onbekende in landbougeledere nie.
Volgens die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het Msika vir baie jare as senior amptenaar in die departement landbou gewerk en as ondersekretaris in die departement uitgetree toe hy by die Verenigde Nasies se organisasie vir voedsel en landbou (FAO) aangestel is.
Die pos van permanente sekretaris was vir 18 maande vakant voordat Msika aangestel is. Mutorwa het mnr. Abraham Nehemia, me. Sophia Kasheeta en me. Esther Kaapanda van harte bedank vir die feit dat hulle op ''n roterende grondslag ingestaan het vir die afwesige permanente sekretaris.
Met Msika se verwelkoming Maandag by die ministerie het Mutorwa ''n oorsig van die struktuur en werksaamhede van die ministerie asook sy eie siening oor werksetiek en leierskap met personeel van die ministerie gedeel.
Mutorwa het uit sy eie toespraak, toe hy as minister aangestel is en homself aan die personeel voorgestel het, aangehaal en gesê alle mense, ongeag stam, kleur, ras, taal, status, geslag of oorsprong beskik oor inherente goeie eienskappe en potensiaal. Om hierdie rede het leiers die verantwoordelikheid om voortdurend hierdie eienskappe in personeel na vore te bring en hulle deurlopend te motiveer en inspireer. Hy sal ook geen diskriminerende praktyke in die ministerie duld nie.
Mutorwa het Msika meegedeel dat hy as ''n beginselsaak doeltreffende, samewerkende en gekoördineerde spanwerk; gereelde ope en eerlike beraadslaging en bespreking; ''n oopdeurbeleid; respek vir gesag en kommunikasiekanale; delegering en skeiding van pligte en verantwoordelikhede en die aanvaarding van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir ''n mens se dade en optrede voorstaan.
Hy het ook daarop gewys dat kliek-vorming in die werkplek, weerspannigheid en ''n verontagsaming van gesag, pligsversuim, onproduktiwiteit, afwesigheid sonder grondige rede en ''n gebrek aan tydsbestuur vir hom onaanvaarbaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie