Môre se sterre vandag voorberei
Fietsry
“Die bou van selfvertroue vanaf 'n vroeë ouderdom lê die grondslag vir goeie karakter en vir sukses op sportgebied,” sê Charmaine Shannon, die organiseerder van vanjaar se uitgawe van die Kiddies Classic.
As deel van The Namibian Pick n Pay Cycle Classic het die Rotariërklub Windhoek meer as 'n dekade gelede die Kiddies Classic bekendgestel om die geleentheid se deelnemertal te vergroot.
Die insluiting van die kinders help maak die Cycle Classic 'n sportgeleentheid vir die hele gesin, jonk en oud en ongeag fiksheidsvlak.
Die Kiddies Classic vind op die middag van Saterdag 13 Oktober plaas, onmiddellik ná die bergfietsrit se prysuitdeling. Enige soort fiets of skopfiets (scooter) word toegelaat, vir die roete wat in geheel binne die perseel van die SKW-sportklub afgehandel word, met die dra van valhelms soos altyd 'n sterk aanbeveling.
Inskrywings beloop N$70 per kind. Die inskrywingsvorm met die reëls kan per e-pos van [email protected] aangevra word.
Shannon, die bekende kindersportafrigter, reël gereeld oefenkampe en sportgeleenthede vir die kleintjies. Ses jaar gelede het sy in vennootskap met die Rotariërklub getree en sy reël nou jaarliks die Kiddies Classic.
As 'n ywerige fietsryer en driekampatleet met internasionale ondervinding, sê Shannon sy het 'n passie om met kinders te werk.
“Dit gee groot bevrediging om te sien hoe 'n skaam jongeling bloei en selfvertroue opbou deur sportafrigting. As die outjie later presteer as 'n fietsryer, swemmer of in enige sport, is dit 'n groot bonus,” voeg Shannon by.
Die Cycle Classic is net kort van twee dekades gelede in 1999 op die been gebring en is 'n gemeenskapsdiens en geldinsameling deur die Rotariërklub Windhoek.
Die geleentheid vind op Saterdag en Sondag 13 en 14 Oktober in Windhoek plaas – onderskeidelik die bergfiets- en padfietsbyeenkomste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie