Môre nié vakansiedag vir skole
Die Dag van die Afrikakind wat môre gevier word, is nie 'n vakansiedag vir skole nie.
Volgens 'n amptelike skrywe van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is dit 'n dag wat “formeel by skole gevier moet word”.
“Die Dag van die Afrikakind moenie 'n formele dag van onderrig wees nie, maar herdenking- en bewusmakingsaktiwiteite moet plaasvind wat tot voordeel en tot waarde van ons leerlinge strek.”
Enige vieringe rondom die dag moet binne normale skoolure van 07:30 tot 13:00 strek en kan van 'n motiveringspreker tot gedigte en kulturele danse insluit.
Die Afrika-unie het in 1991 'n resolusie aanvaar wat 16 Junie as die Dag van die Afrikakind verklaar het. Volgens die ministerie het verwante rolspelers met die herdenking van die dag die geleentheid om die “vooruitgang te ontleed wat reeds gemaak is met die implementering van kinderregte en ook die uitdagings wat die volle verwesenliking daarvan kortwiek”.
Republikein vra om verskoning vir die foutiewe aanduiding in die SMS-kolomme van 14 Junie 2017 dat die dag op die skoolkalender as 'n vakansiedag aangedui is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie