Méér as wyse gryses nodig vir vrede

08 March 2018 | Menings
Belangrike insigte spruit uit die Afrika-unie (AU) se Paneel van Wyses se vergadering hierdie week in Windhoek.

Tekortkominge in die tradisionele visie dat slim ringkoppe op diplomatiese wyse altyd konflikte beter kan besleg, mag nietemin nie misgekyk word nie.

Oudpresident Hifikepunye Pohamba is tans voorsitter van die paneel.

Dit is ‘n ope vraag of ‘n stoere beleid van nie-inmenging regtig die groter vasteland tot voordeel strek. Die konsep van dié paneel gaan ‘n bietjie verder, maar bly tog grootliks aan die beginsel getrou.

Anders as visepresident Nangolo Mbumba se versoek dat die paneel wyse raad in Afrika-leiers se ore moet fluister, is meer aktiewe bi- en multi-laterale gesprekke nodig om die talle voortslepende konflikte spoediger en meer doeltreffend te besleg. Om byvoorbeeld die Demokratiese Republikein die Kongo (DRK) net “dop te hou”, sal min vermag.

Vir baie lank betreur sommige reeds die feit dat Namibië self, weens die land se goeie stand, nie ‘n veel meer aktiewe diplomatieke rol in Afrika speel nie.

Wyslik het Pohamba talle groot nie-militêre bedreigings vir vrede, stabiliteit en vooruitgang gelys. Dit sluit bevolkingsaanwas, werkloosheid, verstedeliking, geweld en misdaad, siekte, dors en hongersnood in. Die probleme kan juis die vonk vir gewelddadige konflikte verskaf.

Die paneel se lys van suksesse moet groei, en diplomasie vir vrede en ontwikkeling moet minder “stil” en meer kragdadig geskied.

So sê ander

7 Maart 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die EFF, met sy leier, Julius Malema, aan die voorpunt, gaan voluit om etlike populistiese temas te dryf met die hoop om politieke munt daaruit te slaan.

Hy probeer die ANC en die DA terselfdertyd in politieke knyptange plaas om na sy pype te dans. En speel ’n roekelose rassekaart oor kwessies soos die onteiening van grond sonder vergoeding.

Ironies genoeg is dit juis Jacob Zuma, met wie die EFF in ’n amperse obsessiewe vyandskap geleef het, wie se politieke mantra hulle nou oorgeneem het.

Wilde dreigemente wat die beleggersgemeenskap – uit die binne- en buiteland – wegdryf, gaan nie armes se lot verbeter nie.

Suid-Afrikaners moet eerder saamstaan en almal se kundigheid inspan om die beste oplossings te kry vir doeltreffende dienslewering en toegang tot gelyke geleenthede vir almal.

As daar enige karakter in die ANC en die DA oor is, sal die EFF weldra tussen die twee partye deurval.

• NETWERK24

Soortgelyk

 

Shifeta: Houtkappery is onwettig

3 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

3 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

3 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

3 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

3 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

3 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

3 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie...

Simondeum se smulkos

3 ure gelede | Byvoegsels

Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.Die besigheid bestaan...